Thursday, April 19, 2012

Waar is Hanoi?

Ek kry sulke verwarde kommentaar van sommige van julle. Toemaar, moenie sleg voel nie. Drie maande terug het ek ook vir die eerste keer van Ha Noi gehoor. Vir die van julle wat soos ek hou van die groter prentjie, sit ek graag twee google earth kaarte op sodat julle beter sal verstaan. Dis ook vir Elna en Braam se kinders wat nie weet waar hulle Tannie Hanlie is nie. Ek praat met hulle op skype en Melindie (4 jr oud) wil weet wat maak Tannie Hanlie in die rekenaar!

Ek en Corne het in Phuket, Thailand begin (links onder op die kaart) en vandaar Bangkok toe gevlieg. Corne is terug SA toe van daar af en ek is na Kuala Lumpur en Singapore. (Nie op hierdie kaart nie) Vietnam is die lang dun landjie wat soos 'n 'S' krul oos van Cambodia en Laos en SW van China. Ha Noi is die hoofstad van Vietnam en le in die noordelike deel.

Guangxi, net noordoos van Ha Noi is die provinsie in China waar ek en Lean van 1 - 8 Mei gaan fietsry. Nogal naby aan Vietnam.









Die vliegtuigie noord van Ha Noi is die Internasionale lughawe waar ek geland het en waarheen ek more-oggend 07:00 weer gaan. Ek het gevra dat hulle vroeer kom as afgespreek, want in hierdie verkeer wil ek nie my vliegtuig mis nie.

Op hierdie lugfoto kan julle mooi sien waar ek die afgelope 6 dae was. Halong Baai is direk oos van Ha Noi en die Tam Coc rivier waar ons gister was, is by Nam Dinh suid oos van Ha Noi.

Google Earth is darem maar ongelooflik!

No comments:

Post a Comment