Friday, April 13, 2012

Vreemde diere, nog vreemder kos!

Dis nou kwart voor drie in die middag in Singapore. Ek sit op my hotelkamer bed en kyk die Maybank Malaysie Golf Ope. Daar is 4 SAners in die top 6 op die oomblik. Jbe Kruger, Louis Oosthuizen, Charl Schwartsel en Hennie Otto doen baie goed op die oomblik. Na elke hou kan ek net sien hoe warm hulle kry in Kuala Lumpur.

Ek wou eintlik die hele dag op straat wees, maar vandag is die warmste dag nog in Singapore (eintlik onuithoudbaar) en ek het besluit om die dag in twee te deel en eers te kom stort, droe klere aantrek en dan sal ek laat middag verder toer. Miskien werk ek 'n slapie ook in as daar tyd is...

Die Singapore dieretuin was 'n groot lekkerte. Ek het weer die MRT trein gevat vanaf Kallang na Ang Mo Kio stasie. Vandaar kry mens die no 138 bus. Alles hier is perfek uitgewerk en mens toer baie maklik. Net sodra ek dink: 'dit' sal ek nou graag wil weet of wat van 'dat', dan verskyn dit op 'n bord iewers. Hulle inligting is in 4 tale en net uitstekend. Die bus laai my reg voor die dieretuin af. Die Singapore dieretuin word gereken as een van die 5 bestes in die wereld en ek kan verstaan hoekom. Hier is nie net Singapore diere nie, maar iets van orals oor die wereld. Ek het heerlik in die Afrika zone rondgeloop en leeus, kameelperde, zeebras, oribi's, sekretarisvoels, vlakvarke, jagluiperds en ander gesien. As die renosters in SA uitgemoor word vir hul horings: hier is 6 wit renosters.

Die diere is nie in gewone dieretuin-hokke nie, maar in baie groot areas wat omhein is, so jy moet nog steeds stap en soek na diere (amper die gevoel van die wildtuin). Die lekkerste was om al die vreemde diere te sien wat ek nog nooit eers van gehoor het nie. Daar is baie.

Cotton Top Tamarin van Sentraal Amerika


'n Groot deel van die dieretuin is 'n groente en kruietuin wat hulle gebruik in die restaurante en ook vir dierevoer.

Die dieretuin is reg langs die Mandai Meer met pragtige uitsigte. Die woongebiede waardeur ons gery het tot by die dieretuin was pragtig! Lyk soos Constantia met blomme, bome, palms en groot huise.


Hierbo is die Mandrill Monkey van Wes-Afrika.
Hierdie een ken almal: Chimpanzee. Hulle het baie van hulle.


Hierbo is die nubian ibex van Etiopie. Onder is die Hamadryas Bobbejaan ook van Etiopie. Hierdie is die een hele familie. Hulle werk baie sterk op harems met 'n bae dominante mannetjie wat almal rond'order'. Hierdie een was besonder luidrugtig en het omtrent die wyfie geklap as sy ophou vlooie soek!
 

Nou het ek ookal 'n Wallaby in lewende lywe gesien. Toemaar, ek het ook gedink hulle en die kangaroo is dieselfde goed, maar nie meer na my sessie in Singapore dieretuin nie. Daar is sterk ooreenkomste, maar net die geoefende oog kan die verskille uitken :-)
Blykbaar is die kangaroo en die wallaby beide van die macropods familie. Beteken hulle het groot voete. Nou weet ek ek is ook 'n macropod! Spring is hulle enigste manier van beweeg! Okay, ek si toe al die tyd nie een nie! Beide die kangaroo en die wallaby het voorskootsakkies waarin hulle hul kinders vervoer, maar die wallaby eet blare en woon in woude terwyl die kangaroo gras eet en in grasvelde bly. Die wallaby is kleiner met korter bene. Nou weet julle hoekom die Australiese span wallabies genoem word! Klein, kort met groot voete!
 
Hierdie is 'n wallaby, maar ek weet dit net omdat die ranger so gese het.

Die wit tiere het my die heel meeste beindruk! Hulle is pragtig!



Hierdie ou slofneus is 'n Tapir van Malaysia. Hy moet baie warm kry met daai jassie aan. Hulle het amper 'n slurpie van voor waarmee hulle ruik en hul kos (vegetaries) vashou. Hulle loop letterlik agter hul neuse aan, want hulle sien baie swak en ruik waar hulle wil gaan.


Die white-faced-saki-monkey: Baie eienaardig en mooi van lelikheid!



Toe sit ek af Chinatown toe en dit was uiters warm, maar baie lekker. Kyk hulle goed is nou eenmaal spot goedkoop en nice. Ek het 'n baie lekker groot stuk waatlemoen geeet vir 1 dollar. Maar kyk hulle eet snaakse goed. Ek is so bly ek en Lean het gese ons is vegetariers op ons fietstoer in China vanaf 1 - 8 Mei 2012. Hulle beste gewildste gereg is bakwa. Dit lyk heel fine, maar daar is ook grilled chicken hearts en grilled pig lungs! Ek het maar 'n westerse plek gesoek en was verlig om 'n KFC te kry. Hulle KFC vra nie soos ons s'n 'gewoon of spicy' nie. Hulle vra 'normal or mild'. Ek het maar mild gegaan net vir ingeval. Wys jou hoe relatief alles in die lewe is.


Hieronder is die bekende Tooth Relic Temple in Chinatown Singapore. Dis 'n buddiste tempel.
Die binnekant.

Hierdie is die Sri Mariamman Temple.
 Pagoda Street is baie bekend en gewild in Chinatown hier. Daar is stalletjies orals en hierdie was die oorspronklike straat wat Chinatown begin het.

Eks vandag nogal moeg. Miskien kan ek net nie genoeg vloeistof terugkry in my liggaam nie. Ek het nou tee gedrink en twee glase met Vitathion in. Gelukkig het ek baie van hulle saamgebring.  Ek moet vinnig rus want vanaand wil ek die laser vertoning gaan kyk in die Marina Bay waterfront. Ek moenie te laat vanaand terugkom nie, want dit sal 'n klein wonderwerkie vat om alles in die tas in te kry. Ek het vir my 'n baie mooi lap gekoop van Singapore batik wat mens vir 'n sarong of bed-deken kan gebruik. Op Singapore Air dra al die personeel die materiaal en dit het vir my en Corne baie beindruk.

Vanaand wys Corne vir my hele familie (almal naby die Kaap) ons Thailand fotos in Stellenbosch. Ai, ek wens ek kon daar wees! Julle moet dit geniet, hoor!

No comments:

Post a Comment