Friday, April 6, 2012

VIP lounge Bangkok lughawe

Nou sit ek en Corne ewe grand in die VIP lounge op Bangkok lughawe. Ek board oor 'n uur en Corne vele ure later. Sy vlieg terug Johannesburg toe en ek na Malaysia. Ek is 22:20 vanaand in Kuala Lumpur. Ek het die Priority Pass by ABSA gekry en is nou baie bly. Ons drink druiwesap en groen koejawelsap en eet kaas toebroodjies.

Ons vlug vanaf Phuket was 1 uur en 5 minute en ons kon baie mooi deur die venster sien. Corne het amper 50 fotos vanuit die vliegtuigvenster geneem en neem my nou af waar ek sit en tik. Die mense agter ons dink ons is niks gewoond nie. Ons is nie!

Nou begin my wereldtoer eintlik eers... Nou gaan ek alleen deur die wereld toer. Toe ek nou my rekenaar aansit het ek 'n baie lang brief van my ma gekry en was ek vir 'n oomblik baie lus om saam met Corne op die vlug na SA te klim! Maar nee, ek moet sterk wees en aangaan. Ek het te lank hieraan beplan. Ek sal okay wees.

Mag elkeen van julle 'n baie geseende paasfees he.
Baie liefde
Hanlie

No comments:

Post a Comment