Thursday, April 19, 2012

Good night Vietnam!

Dis met baie groot verligting dat ek vir die taxi bestuurder se: Internasionale terminaal asb. Nie plaaslik nie, dankie.

Dis nie dat ek vol fiemies is nie. Die van julle wat my ken sal weet ek is game vir alles. Ek sal  vir dae vuil gaan en hoe morsiger hoe beter. Maar Vietnam is 'n perd van 'n ander kleur. Dis VUIL! Vanoggend eet ek ontbyt met twee groot kokkerotte onder die tafel. Ek gril en wonder hoe lyk die kombuis as die voorkamer so lyk!

Dis nie dat Vietnam nie wonderlike plekke het om te sien nie. Halong Baai en Tam Coc rivier is twee wonderlike plekke, maar dit word verskriklik sleg bestuur. Hier is 'n algemene 'traak-my-nie-agtigheid' oor alles. Hulle is definitief op die afdraende pad.

My toeragentskap vra gisteraand terugvoer en ek vertel van die besoedeling in Halong Bay en die roekelose taxi bestuurder oppad en terug van Tam Coc. Sy se baie dankie vir die terugvoer. Sy sal dit definitief deurgee aan die bestuur.

Gisteraand gebruik ek die hotel se komplimentere tandeborsel en skrop als van my wat ek kan. My nuwe crocs waarmee ek Halong Bay toe is en op Tam Coc gedra het, is modderbruin. Ek moes omtrent elmboog inle om dit weer min of meer skoon te kry.

Ek dink Amerika het die oorlog aspris verloor net om hier weg te kom. As ek hier moet bly, sal ek binne 'n paar weke depressief wees. Ja, julle hoor my reg, haal maar Vietnam van julle 'bucket' lysies af. Dis jammer dat 'n 'stunning' plek soos Halong Bay deur Vietnam bestuur moet word. Hulle kan baie by Singapore leer.

Nou is ek oppad na Hong Kong. Ek sien baie uit daarna. Dit lyk op google of daar net te veel goed is om te sien in net 5 dae. Ek sal moet fyn beplan en beweeg! My verblyf is in die USA hostel. Dis blykbaar baie sentraal en reg langs die MRT. Ek board oor 'n uur. Nou eers 'n lekker koppietjie tee!

Mag daar vandag min Vietnams oor jou pad kom en baie Singapores!

Lief vir julle

Hanlie


1 comment:

  1. Spannend man!
    Ek weet nie waar jy tyd kry om al die stories neer te skryf nie.
    Stel jou nou voor hoe twee mense op hierdie aarde sulke verskillende lewens kan lei, aan twee kante van die aardbol, heeltemal onbewus van hoe dit aan die ander kant van die bol gedoen word. En dis hoe dit vir meeste mense is!
    Vat vlam!

    ReplyDelete