Monday, April 9, 2012

Skoon, skoner, skoonste!

Nee, kyk, so iets het ek nog nooit gesien nie. Sover het alles in Singapore my nog net beindruk. Ons het 'n baie goeie vlug gehad en ek vind ook uit dat my "boarding pass" vir my vir sewe dae in die stad allerhande afslag beteken. Van toegang na plekke tot hulle "hop-on-hop-off" bus wat ek more oggend 09:00 tot more-aand 21:00 gaan vat.

Ek het by die venster gesit en kon pragtige foto's neem. Die eerste een is die opstyg in Kuala Lumpur. Twee tot vier is Singapore. Kyk al die bote in SP hawe!





Ek gaan maklik deur doeane en kry my tas. Nou soek ek vervoer! Ek wil nie met my tas op die treine sukkel nie en dit het begin reen hier. Ek sien die aanwysings vir "shuttle to city" en is aangenaam verras. Dit kos 9SD (R63) en vat my tot reg voor my hotel. Die drywer dra nog my tas ook gratis. (Daar het vanoggend 'n klein wonderwerk gebeur. Ek het my Malaysian Ringgat gaan omruil vir SD op die lughawe. Net voor my in die ry staan 'n man en hy laat val 50 malaysian sent. Ek tel dit vir hom op en gee dit vir hom. Toe ek voor kom, vra die man of ek nie dalk nog 50 sent het nie, want dan kan hy vir my 9 SD gee en nie net agt nie. Ek is toe dadelik spyt dat ek so eerlik was en nie die 50 sent gehou het nie. Ek skud my kop en hy besluit hy gee wel vir my 9 SD en nie net agt nie. Ek het net 21 MR gehad. Toe het ek die totaal van 9 SD in my besit en sowaar is dit die regte bedrag vir die transport!

Die hotel is cheap maar goed genoeg. Ek spandeer die minimum op verblyf, want ek is nooit in my kamer nie. Die kamer is piepklein, maar goed. En ek kry elke dag 24 uur per dag gratis wifi toegang. Wat wil ek meer he?

Nou gaan ek die strate verken! Sterkte vir almal terug by die werk na Paasnaweek! Dankie Petrus vir die sms en Corne vir al jou hulp met admin stuff. Dis moeilik om niemand se nommers te he nie.

No comments:

Post a Comment