Saturday, April 7, 2012

Kuala Lumpur: 'n Stad van uiterstes

Ek weet nie eers waar om te begin om iets oor KL te se nie.

Voor 4 uur vanmiddag wou ek vir julle vertel dat KL die stad is wat die 6de meeste besoekers per jaar kry. Dis een van die skoonste stede wat ek al gesien het, tropies groen, baie skoon, vriendelike mense, ongelooflike hoe en mooi moderne geboue. Voor 4 uur wou ek julle vertel dat ek 'n fantastiese dag gehad het. Ek is vroeg weg by my kamer op die lughawe (KLIA Concordia Inn) en na 'n heerlike ontbyt het ek die KLIA Express gevat stad toe. Die lughawe is 100 km buite die stad en die express trein doen dit in 28 minute!

Voor 4 vanmiddag sou ek nou vir julle die pragtige dvd gelaai het wat ek geneem het. Gelukkig het my hotel my tien uur al laat inboek in my kamer en ek het net neergesit en is Petronas Twin Towers toe. Amptelik die hoogste twin-gebou in die wereld! Dit is 451,9 meter hoog. Hulle laat net 800 mense per dag toe om in die gebou op te gaan en vandag was ek te laat. Ek sal more gaan. Ons moet 7uur begin toustaan om 'n kaartjie te kry. Ek sal more-oggend 'n teksi (ja hulle spel dit so) vat net na 'n vroee ontbyt.  Die linkerkanste toring is vol van die wonderlikste winkels denkbaar. Elke groot naam in die wereld het 'n winkel daar. As ek nou terugdink onthou ek: Levi, Harrods, Marks and Spencer, Guggi en vele vele meer. Ek het gaan fliek net om twee ure lank in aircon te wees en 'n mooi love story, romantic comedy van Julia Roberts gekyk: mirror, mirror. Dis die moderne weergawe van sneewwytjie en die sewe dwergies. Daarna is ek na die Aquarium in die Petronas Torings. Wow! Wat 'n belewenis. Ek het soveel mooi dvd's geneem met my selfoon om vir julle te wys. Dit was voor 4 uur vandag.

En 4 uur vanmiddag steel iemand my Iphone S4 uit my handsak uit op KL Sentral underground. Dit was ongelooflik vinnig. Ek moet seker bly wees dit was nie my beursie of my kamera nie! Maar ek was so kwaad (is eintlik nou nog!) Hulle kondig die hele tyd af: wees versigtig vir pick pockets en ek kom van SA af. Ons klou aan ons goed meer as enigiemand anders, maar hulle is so vinnig en slim en uitgeslape. Daar was duisende mense in die underground en ek het niks gevoel nie. Net tien minute later gesien my foon is weg. Ek besluit nog wat ek aan die saak moet doen. Op die oomblik kan ek niks doen nie, want Ashley my verskaffer is op paasnaweek. Ek sal vir hom 'n mail stuur.

Laat vanmiddag is ek na die Batu Caves. Dit is baie hoog op in die berg en ek moes 391 trappies klim op en weer 391 trappies af. Nou is ek mooi fiks vir more se Twin Towers. Hulle is 88 verdiepings!

Bid asb steeds vir my veiligheid en my eiendom. Ek haat dit as mense my goed steel, want ek pas my goed mooi op. Dit beteken ek het nou nie meer 'n foon waar julle my kan kontak nie. Ek sal laat weet as ek 'n ander plan kon maak.







Verder gaan dit goed met my. Die internet tegnikus wat my in my kamer kom help het om toegang tot die hotel se wifi te kry, vra wraggies of hulle net my selfoon gesteel het. Ek begin toe sommer huil en vra of dit nie erg genoeg is nie. Hy het so sleg gevoel dat ek nou hierdie op komplimentere wifi tik. Die standard express kamer wat ek geboek het sien nie baie mense wat wifi gebruik nie en ek sit nou letterlik voor my badkamertjie langs die deur van my kamer om die sein te kan opvang. 'n Boerin maak 'n plan!

No comments:

Post a Comment