Sunday, April 15, 2012

Halong Bay, Vietnam

Wow! Wow! Wow! Wow! Wow!

Ek kan nie glo wat my oe sien nie. Na 'n heerlike nag se slaap in die luukse hotel in Vietnam en 'n baie goeie internasionale ontbyt, laai Glory Cruises my op by my hotel om half nege. Daar is reeds 16 mense in die bus en ons is oppad Halong Bay toe. Dis reguit oos van Hanoi en teen die kus. Dis net 160 km van Hanoi af, maar sal ons vier ure ry per pad. Hulle paaie is baie sleg (darem beter as Uganda). Die ryery bly 'n 'roller coaster' van oe toeknyp en bid dat ons lewendig anderkant sal uitkom. Hier is 'n toeter 'n baie belangrike ding. Dis al wat mens heeltyd hoor.

Ons stop langs die pad vir badkamers en iets om te drink. Dis 'n werkswinkel vir gestremde mense en hulle maak die mooiste handwerk wat te koop aangebied word. Daar is ook juwele, beelde, muurbehangsels en vele meer. Ek kan niks meer in my tas inprop nie en ek hou verby.

Halong Bay is 'n totale verrassing. Die boot is luuks en pragtig. My kamer is fantasties met 'n see-uitsig uit my stort ook. Daar is 16 kajuite. Ons gaan altesaam 19 mense op die boot wees vannag behalwe die gidse en bemanning. Daar is 2 van Switserland, 6 van Australie, 4 van Italie, 1 van Kanada, 2 van Duitsland, 3 van Vietnam en ek. Ek kan nie ophou fotos neem nie. Die 3G vanaf die boot is so stadig dat ek nie dink ek sal 'n foto hier gelaai kry nie, maar wees verseker ek neem genoeg!

25 km van die hawe af stop ons om na grotte te gaan kyk. Dis 10 000 vierkante meter en amper soos die Kango Grotte in Oudtshoorn. Pragtig! Ons klim 200 trappies op na die grotte en weer af na die boot, toe vaar ons verder. Ons kry ook vanmiddag 'n kookles en leer om springrolls te maak met ryspapier en groente. Ons middagete was uit die boeke uit en 'n 7 gang maal.

Nou het ons aangekom by ons oornagplek en kan almal swem en gaan ons later seekat vang. Sal sien of ons dit regkry. Die mense is baie vriendelik en ek geniet elke oomblik. Dit is 'n wonderlike koel bewolkte dag!

Okay, jammer, foto werk glad nie. Julle sal moet wag!

Ek is so bly ek het hierdie bespreek. Dis amazingly mooi!!! Sit dit asb op elkeen van julle se bucket lists!

No comments:

Post a Comment