Sunday, April 1, 2012

Phi Phi Eiland, Phuket, Thailand


1 April 2012

Phi Phi Eiland...

Dit begin nou baie moeilik raak om te besluit watse dag is die lekkerste. Elke dag het sy eie heerlikhede en die pret hou net nie op nie. Vanoggend moes ons vroeg opstaan en ontbyt eet, want ‘n toer maatskappy het ons kom haal by ons hotel om 08:15. ‘n Baie fancy bussie met allerhande modifikasies wat in SA maklik kitch genoem sou kon word. Ons is oppad Chalong hawe toe, want ons vertrek Phi Phi Eilande toe.

Goeie raad van Andre Smit het verseker dat ons vir ‘n derde van die oorspronklike prys op die boot is. Ons word aangemoedig om elkeen ‘n seesiek pilletjie te vat (word verskaf) en ek vat maar een vir die span. Ons ry met ‘n vinnige motorboot wat sestig mense kan vat en met 4 groot engins werk. Jeremy is in beheer en hy het ‘n span van omtrent 6 helpers wat alles doen. Ons kry flippers vir 100 baht en ‘n snorkelbril gratis. Dis ‘n baie mooi dag en ons is reg met hope sonblok en ‘n groot hoed.

Ons stop by ongeveer 6 eilande deur die dag en swem, voer apies, snorkel, eet en hang rond in die warm helder seegroen water. Die vissies is pragtig helderkleurig. Ons sien mooi snaakse voels ook. Dis ‘n dag van baie pret en plesier en regtig heerlik! Ons ontmoet vir Heather van Australie en kuier heerlik. Heather: This paragraph is for you: Thank you for your kindness. It was so nice meeting you. Enjoy your time in Phuket and especially your dinner with us tomorrow night.





Die eerste eiland wat ons besoek het was Maya eiland waar die fliek "Beach" geskiet is met Leonardo de Caprio.

Ons kry ook twee ander mense van SA (Durban) op die trip.

Ons kom omtrent half 6 terug by ons hotel en val sommer weer in die swembad by die Mango Tree. ‘n Singha bier gaan goed af. Na ‘n stort gaan ons vir aandete in die Peach Blossom restaurant. Ons kry so warm dat hulle vir ons ‘n spesiale waaier opsit. Phuket se humiditeit is nie grappies nie! Dit bly warm dwarsdeur die dag en nag. As dit nie vir die aircon in ons kamer was nie, sou ons nooit kon slaap nie.

More beplan ons ‘n niksdoen dag in ons hotel. Ons gaan van een swembad na die ander rondhang! 

No comments:

Post a Comment