Sunday, April 8, 2012

Opstandingssondag in KL

Gister was nie vir my lekker nie.

Vandag kan ek terugkyk en my verwonder oor hoe vinnig 'n mens broos en pateties kan raak in 'n vreemde land tussen vreemde mense en vreemde tale as iets slegs met jou gebeur. Ek het die grootste deel van gisteraand omgehuil oor my gesteelde selfoon en toe vanoggend baie vroeg opgevlieg en my poffertjie oe uitgewas en klaargemaak! Genoeg is genoeg! Ek is op my wereldtoer wat ek vir jare beplan het. Dit sal meer as 'n gesteelde selfoon kos om my nog een dag te laat mors... There is places to see and people to meet!

Soos so baie keer tevore in my lewe, weet ek dat die enigste manier om vry te kom van so iets wat oor en oor en oor in jou kop afspeel, is om die dief en myself onmiddellik te vergewe en te seen in die naam van Jesus Christus. Dis al manier. Ek moes dit die afgelope tyd baie doen en hoe meer mens dit oefen, hoe makliker raak dit. Probeer dit gerus. Die haat en seer en pyn val soos 'n wet suit van mens af! En dit werk elke keer. En deur te vergewe se 'n mens nie dat dit wat die oortreder gedoen het reg is nie.

Vanoggend se ontbyt was 'n grap, want daar was 'n toerbus van ongeveer 120 chinese (of so het dit gevoel) wat saam met my by die eetsaal opgedaag het. Ek moes voor 7 in die twin towers se ry staan om 'n kaartjie te kon kry en toe los ek maar ontbyt. Oppad uit besluit ek om darem 'n gekookte eier en 'n snytjie brood te vat, want dis my enigste ete vir die dag! So gese, so gemaak. Min wetende dat dit 'n rou eier is wat hulle op die bedieningstafel neersit! Gelukkig was ek naby 'n asblik toe ek hom oopbreek.

Niemand kan mens voorberei vir die Petronas Twin Towers nie! Dit is absoluut asemrowend. Natuurlik nie die hoogste gebou ter wereld nie, die is in Dubai en staan op 828 meter. Die Petronas is die hoogste twin gebou in die wereld en is 452 meter bo straatvlak.


 Kyk hoe mooi klou ek my handsak!



Die kaartjiekryery was nogal 'n ding! Toe ek 7 uur daar kom, staan daar al 91 mense in die ry. Daar is net 400 kaartjies op 'n Sondag (gewoonlik 800) en ek panic, want hulle is op Maandae toe en dan sal ek dit nie weer kan doen nie, want ek vlieg vroeg Dinsdagoggend Singapore toe. Na 'n uur in die ry stap 'n man in uniform van voor af en vra almal hoeveel kaartjies hulle wil he. Daar is toer operateurs ook, maar 6 kaartjies is die maksimum wat iemand kan vat. Ek maak die cut en kry 'n nommer 92! Nou het jy 'n nommer en hulle stuur die res van die tou huis toe om op 'n ander dag weer te probeer.

Nou wag ons en dan gaan die deure om 08:30 oop en moet jy in die ry wag vir 'n spesifieke kaartjie en tyd om te gaan. Die gewilde tye vlieg en toe ek voor kom is daar 1 kaartjie oor voor 15:00! Toe vat ek hom vir die 11:15 trip! Gistermiddag het dit gereen teen 16:00 en dan is die uitsig verby. Die uitsigte was pragtig en ek ontmoet wonderlike mense van die UK en hulle kinders (wat binnekort Botswana toe immigreer). Die vrou stel my voor aan haar dogter asof hulle Paarl toe trek. Vir iemand in die UK is Botswana seker Paarl.

Na die trip op in die toring, gaan soek ek vir my 'n nuwe selfoon. Die lewe gaan aan. Vandag ry en nie weer trein nie. Die taxi's is duurder, maar gister se "goedkoop" trein het my R7000 gekos aan 'n foon! So in daardie sin is enige taxi steeds 'n bargain. My nuwe "pay as you go" foon se nuwe nommer vir nou is: 0192971087. Met die landskode is dit 00 60 19297 1087.  Kan almal van julle asb vir my 'n sms stuur na hierdie nommer en asb jou naam onderaan sit sodat ek jou nommer kan he. (Ivan, jy hoef nie bekommerd te wees nie, jou iphone ekstra laaier is nog veilig in my tas, hy was gelukkig nie op my foon nie) Ek sien uit om van julle te hoor!

Die res van die dag het ek rondgeloop. 10426 tree later is ek deur die Central Market, die parlements-gebou en Merdeka Square, hulle plaaslike sondagmark en elke park en fontein wat ek langs die pad kon sien. KL is ongelooflik skoon vir 'n groot stad. Hulle tuine en fonteine is besonders en tot hulle straatlampe is versier. Hulle nuwe koning word Woensdag 11 April op my verjaarsdag ingelyf en die stad is besig om voorbereidings te tref daarvoor.


Central Market

Parlementsgebou

Merdeka Square



Nou groet ek eers. Onthou ons Here leef! Hy het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan. Elsje, die dagstukkie boekie wat jy my gegee het, is vir my goud werd. Die stuk by vandag is presies dieselfde woord wat Corinne my gegee het vir my trip: "I called a peculiar people to make known My Name." Ons wat Christus ken moet uitstaan en anders wees.

Mag ons almal die moed he om saam met Christus op te staan vandag! Ek weet ek het.

No comments:

Post a Comment