Thursday, April 5, 2012

Laaste dag in Phuket

Jip, alle goeie dinge kom ook tot 'n einde... Gelukkig begin my wereldtoer nou eers en gaan ek aan na Malaysia en Singapore. Corne gaan terug. Dit was so lekker om my sussie hier in Phuket te he. Ons het dit baie geniet. As ek terugdink oor die afgelope 9 dae, wil ek graag die volgende oor Thailand se:

Hulle ken die Here Jesus Christus glad nie. Soos in heeltemal nog nooit van so iets gehoor nie. Vanoggend is Paas Vrydag en as dit nie was dat ek dit in e-posse van die huis af gehoor het nie, sou mens dit nooit se nie. Daar is wel 'n Gideon's bybel in ons hotelkamer in engels en thai. Hier is geen kriminele aktiwiteite nie. Jy kan jou sak, beursie, sonbril, kamera en als wat jy besit net so op die strand los en gaan swem en ure later terugkom en niks is weg nie! Ek mis dit in SA!

Gister het ek 'n slot vir my tas gaan soek, want Thai air het myne afgebreek met die kom slag, maar hulle ken glad nie so iets nie. Ons het in 9 dae nie een bedelaar gesien nie. Almal het werk, want almal het inisiatief en maak iets, verkoop iets of doen iets! Dis heerlik.

Hulle musiek sluit baie bamboes blaasinstrumente in wat soos panfluit en blokfluit klink. Die mense is vriendelik en baie onderdanig en nederig. Dis warm! Humied, met groot donderstorms. Die eiland is baie meer bergagtig as wat ek my voorgestel het.


Nou het ons ons laaste ontbyt geeet en geswem by Peach Blossom. Nou gaan ons stort en pak, want ons taxi kry ons 12:15 oppad lughawe toe. Ek vlieg 15:35 na Bangkok en weer 19:10 vanaf Bangkok na Malaysia. Vanaand 10:15 is ek daar! (Op die foto sit ek in die restaurant langs die swembad my blog en skryf.)

Ek se vanoggend vir Corne: ons doen sekerlik iets verkeerds dat ons so warm kry. Hier sit ons en die sweet tap ons af; elke paar minute duik ons eers weer in die swembad en langs ons in die eetsaal sit 'n arabiese oom met 'n dik tulband om sy hele kop. Daar is ook 'n tannie met 'n lemmetjiegroen wolmus op. Hulle moet van baie warmer plekke af kom. As ek nie van beter geweet het nie, sou ek raai net die hel is warmer as hier...


No comments:

Post a Comment