Monday, April 23, 2012

The Big Bus Hong Kong

Vanaand is ek absoluut OP! Maar ek het die dag baie geniet. Ek het die meeste tree geloop nog op 'n enkele dag op my hele toer sover: 18 412 gemeterde tree. Ek is nou op 253 456 tree na 26 dae.

Eks vroeg vanoggend op, want ek het 'n 48 uur kaartjie gekoop vir die Big Bus HK en ek beplan om dit goed te gebruik. Die eerste bus vertrek eers 11:20 en ek vertrek na Diamond Hill MTR stasie heel aan die anderkant van Hong Kong om eers die formele Chinese tuin te gaan kyk. Dis ongelooflik mooi! Hulle het dit eers sedert 2003 begin uitle en mens kan nie glo wat in net 9 jaar reggekry is nie. Dit is die Nan Lian Garden en beslaan 35 000 vierkante meter. Dit is in die chinese Tang style uitgele en bevat heuwels, reuse rotse, watervalle, bome en kunswerke. Dis bedoel om sireen en rustig te wees en dit is.




Ek weet nou al Starbucks het die beste Earl Grey tee in Hong Kong en gelukkig is daar een om elke hoek en draai. Vir ontbyt bestel ek 'n Earl Grey Grande vir 21 HKD en sit en sip dit soos brandewyn slukkie vir duur slukkie. Dis heerlik!

Die Big Bus is net soos die topless busse in die Kaap. Hulle gee wonderlike inligting terwyl jy die hele stad vol ry. Dis regtig lekker.  Ek doen twee roetes vandag: Die Hong Kong Eiland roete (rooi roete) en die Stanley park roete (groen). Dit was te betrokke om met die Peak Tram op te gaan en dit sal ek more doen.

Een uit elke 14 Hong Kongers is miljoeners! Vandag het ek gesien waar hulle bly. Aberdeen en Stanley is twee dele van HK wat mens nie baie sien nie. Dis aan die suide van die eiland en is verbind met die hoof finansiele gedeelte via 'n 1,9 km lang tonnel. Dit lyk soos Kampsbaai en Landudno. Die eiendom hier gaan vir 20 000 HKD per vierkante VOET!



So onlangs soos 1997 het Prince Charles en Tony Blair Hong Kong formeel oorhandig aan China en sedertdien is Hong Kong deel van die Republiek van China as 'n spesiale bestuursarea. Hierdie plein is reg voor die Convention Centre en word die Golden Bauhinia Square genoem. Dis hulle nasionale blom en is verguld om die oorhandiging van HK te herdenk.

Hong Kong was 'n Britse Kolonie en daar is tot 'n standbeeld van Koningin Victoria (natuurlik ook hoekom die hawe Victoria heet) voor die sentrale stasie. Tydens die Tweede Wereldoorlog het Japan HK beset van 1941 - 1945.


Ek sien my klein neef Conrad Richard toer ook saam op die blog. Welkom! Conrag, hier is 'n hele gebou wat na jou vernoem is. Die Conrad Intercontinental is een van die vier grandste hotelle in Hong Kong en staan reg langs die hooggeregshof. Jy kan werk en oorslaap langs mekaar!


Repulse Bay is die speelplek van die heel rykstes.


Hierdie hele Jumbo restaurant dryf op die water soos 'n groot boot.


Ons het op 'n Sampan gery. Dis 'n huisboot waarop 'n hele gemeenskap vandag nog bly in die hawe by Chung Hom Wan. Hulle is vissers en woon en werk op die water. Dit was baie interessant om dit te sien. Elke boot het tot 'n hond ook en 'n TV.


My laaste stop vanaand was die 360 grade observation deck van die 4de hoogste gebou in die wereld. Die ICC is ongelooflik. Mens raak eintlik lighoofdig as jy opkyk. Kyk die vliegtuig reg langs hom! 


Ek het fotos geneem van bo af, maar hulle is maar flou, want dit was effens donker al en dit het begin reen. Ek het wel 'n mooi video geneem.



Mens gaan op tot op die 100ste vloer. By die Petronas in Malaysia was ek op die 86ste vloer. Daar is drie restaurante op vloer 101 en ek het gedink om sommer vanaand daar te eet. Totdat ek hulle spyskaarte gaan kyk het. R1800 per kop set menu! En dan eet jy Chinees en nie eers 'n goeie steak of ordentlike kos nie!

Daar is twee goed van die Hong Kongers wat my begin irriteer: Hulle stap ontsettend stadig en in 'n bondel moet ek die hele tyd wag. Ek dink dis wat ek die meeste van Singapore geniet het. Dit het die hele tyd gevoel of ek en daai stad op dieselfde ritme en pas is. Hier is almal die heeltyd voor jou en in jou pad en jy moet die hele tyd plannetjies maak om verby te kom. Miskien is dit hulle kort beentjies of dun rokkies, maar iets haak die hele tyd vas!

Die tweede ding is die moeite en inspanning om hulle engelse aksente te verstaan. Geen inligting bekom is maklik nie. In die afgelope drie dae het iemand by twee geleenthede vir my iets probeer verduidelik en dan vra ek: Any english? En dan verduidelik hulle dat hulle wel besig is om engels te praat!! Onherkenbaar!
Maar hulle is baie behulpsaam. Jy maak nog net 'n kaart oop dan vra iemand om te help en beduie dat die spoeg spat. Vanaand vat ek die minibus terug hotel toe vanaf die ICC. Die drywer wil my by verkeerde stasie laat afklim (nie aspris nie, sy ken net geen engels nie en ek ken geen Cantonese nie) en toe sy se ek moet hier afklim, help 'n hele paar mense van agter uit die bus my en se nee ek moet bly sit. Die volgende stasie is nader aan my hotel. Hulle busse is ook baie goedkoop en netjies. Ek het net R5,80 betaal vir baie ver se ry.

Baie geluk aan twee ysters in my vriendekring wat so goed gedoen het in die Ysterman gister. Barend en Coos, ek is trots op julle! Dis lekker om te kan deel in julle vreugde. Magdel, geluk met julle troudag! Gideon, geluk met jou verjaarsdag. My bybelstudiegroep en vrouegroep kuier vanaand saam. Ek is in die gees met julle!


2 comments:

  1. Hanlie,

    Ek geniet jou blog baie en lees gereeld! Ek was so gelukkig om self Januarie vir so 4 dae in Hong Kong te wees saam my vrou en het ook van daardie fantastiese genaamde gebou dieselfde foto geneem! Ek weet jy het seker al goed beplan, maar een van die beste aande wat ek nog gehad het was een laat aand (seker so 23:00) by die Spicey Crab by Temple street market waar ons gesit en kuier het. Ons het selfs 'n ou hoërskool vriend daar TOEVALLIG raakgeloop. Indien jy lus het om iets te eet wat jy nie wat dit is nie, kan ek jou die, ek-weet-nie-wat-dit-was-nie, aanbeveel! O en natuurlik een van daardie groot biere wat nogal goedkoop is. (Ongelukkig proe dit ook goedkoop)

    Jy praat van twee goed wat jou iriteer, ek gaan jou dalk 'n derde ene gee, let bietjie op hoe hulle almal hulle neuse die heletyd snuif...

    Sien baie uit om verder te lees! (Ernstig jaloers op Vietnam...)

    ReplyDelete
    Replies
    1. Ja! En burb! Dit is definitief 'n derde ding, maar ek het nou al geleer die mans is erger as die vrouens daarmee en as ek 'n tafel in 'n restaurant kies, mik ek vir die vrouens. Langs 'n oosterse man kan ek net nie eet en die kos geniet nie. Die geluide wat by alle gate uitkom, is net afskuwelik! Ek was gister by Temple Street Market maar het nie die watsenaam se ding gesien nie :-) Dankie dat jy saam lees. China hier kom ons!

      Delete