Monday, March 5, 2018

Lusaka, Zambia

Ek en ‘n kollega, Alletta van Sittert, is deel van ‘n Sweedse program, ICLD sedert 2017.  Hulle spesialiseer in die versterking van demokrasie in Afrika en 6 lande neem deel met twee projekte per land.  Bergrivier Munisipaliteit was bevoorreg om deel hiervan te wees saam met Ulundi Distriksmunisipaliteit in Kwa-Zulu Natal.
Ons het gister in Zambie aangekom en dadelik het ‘n paar goed ons opgeval.  Eerstens is dit baie groen hier.  Tropies en welig.  Miskien is dit net my uitgehongerde Wes-Kaap-droogte-oë, maar dit is pragtig.  Hier is baie voëls ook en vanoggend verluister ek my aan ‘n spookvoël buite my chalet.  ‘n Geluid wat my dadelik terugneem na Berg-en-Dal kamp in die Kruger Wildtuin waar ons hulle so duidelik gehoor en gesien het in Desember.
Tweedens is die chinese invloed en oorname van Lusaka skrikwekkend.  In your face. Ons drywer sê dit is ‘n groot probleem hier en dat die hele konstruksiebedryf oorgeneem is deur chinese. Daar is 78 tale in gebruik in Zambië, maar die padtekens is in chinees!
Derdens kon ons net sowel in SA gewees het as mens na hul winkels kyk: hier is 70 malls in Lusaka en die winkels sluit in Woolworths, Spar, Shoprite, Pick and Pay, Mugg and Bean, Husser Grill, Edgars, Truworths, Ackermans, Pepstores, Game, Food Lovers Market, Engen met ‘n Quickshop, Toys R Us, Markhams, Hifi Corp, Hungry Lion en Standard Bank. Erger as die chinese influx sê ek jou!



Vanoggend moes elke groep ‘n aanbieding maak om terugvoer te gee oor hoe ons vorder met ‘n ‘change project’ in ons Munisipaliteit. Ek en Alletta doen ‘n projek in Porterville om klein besighede in te bring in die hoofstroom toerisme in Porterville.



My gunsteling nuwe kollega wat ek op hierdie program ontmoet het, is Christabel Mazuba. Sy is die Hoof van Finansies in Lusaka Munisipaliteit. Hul projek gaan oor deelnemende begrotings. Zambië is  nog nie baie goed met publieke deelname nie.


No comments:

Post a Comment