Saturday, March 24, 2018

El Calafate in Argentinië na Puerto Natales in Chile

  

Puerta Natales, Chileense Patagonia

Vanoggend toe die son opkom sit ons al op ‘n bus oppad Chile toe. Ons bestemming is Puerta Natales langs die kus en ook bekend as die gateway na Torres del Paine, die volgende Nasionale Park van Patagonia waarheen ons  


    

       

   
  
Dit was vrek koud buite. 2,2 grade celsius. Ons het lekker gelag vir die kennisgewing.

    
  
 Chile 
 is  ‘n agtermekaar plek en   

  

          


         

      
Die   

       

        

      

         


Op die Chileense grens, by die Dorotea grenspos breek ons bus. Die geluide wat ons gehoor het teen die laaste pas af was toe nie net die wind nie. Ons drywer spring uit en maak die bagasieruim oop. Ek vrees hy gaan nou begin bagasie uitlaai, maar hy laai net genoeg uit om by sy toolbox te kom.  Ons oplaaidiens vanaf Puerto Natales  busstasie tot by die hotel se tyd het al gekom en gegaan.  Sonja gaan kyk en kom rapporteer dat dit of ‘n lugdruk of olie probleem is. Ek weet eersgenoemde het te doen met ons remme en dit is afdraend van hier af kus toe. Puerto beteken Port en Puerto  Natales lê langs die kus.  Wel, ons eerste indruk van Chile was reeds nie te goed nie, want ons het vanoggend vrugte gevat aan ontbyttafel en Sonja se kiwivrug was nog in haar handbagasie en is afgevat deur die Dept van Landbou by die grenspos. 
Ons lees solank wat ons kan oor Chile. Hulle vlag is pragtig.  Maar niemand hier verstaan engels nie.  Uit die volume van die gesprek tussen die res van die passasiers kan ons agterkom dat daar iets fout is. Die minute tik stadig verby. Wat ‘n drie tot vier ure trip moes wees, is nou al meer as ses ure lank. Gelukkig is dit heerlik warm in die bus. Nou al 14.9 grade en die warmste wat ons nog in Patagonia gekry het.  Die oom agter ons kom terug van die oop bus engin af en vertel in Spaans wat fout is. Ek hoor ‘n hele paar ‘no no’s’ en ‘electricala’. Hier gaan ons nog lank sit. Die familie twee rye voor ons oefen die spaanse alfabet met hul sesjarige seuntjie. Hier is twee Belge op die bus. ‘n Volwasse dogter en haar Ma.  Ons kon nou lekker gesels. Hulle was by   Torres del Paine en sê dit is ‘n belewenis.  Wel, ons trippie soontoe begin oor minder as 18 ure en ons sit gestrand op ‘n onbekende chileense grenspos.     
Om 13:35 kom probeer die busdrywer weer die bus aansit. Die  skreeugeluid is  steeds daar. ‘n Paar passasiers wat buite staan en rook cheer toe dit aankom, maar raak gou stil toe die remme toets nie die gewenste uitwerking het nie. En ons is so naby aan Puerto Natales.  Dit lyk of die drywer twyfel. Hy kan nie ‘n kans vat nie. Dis nou al 19,5 grade celsius en ek dink nie dit is net die son wat dit nou so warm maak  hier nie.  Ek lees my kindle. Ek het die hele Clifton Chronicles reeks van Jeffrey Archer en het hulle nou weer van vooraf begin. Ek het ook patagonian earl grey tee (van ‘n mark in El Calafate) in my blou warmhou-flessie, so ek het niks om oor te kla nie.  Al die mans  staan en toekyk hoe die drywer sukkel en gee raad vanuit die hand-in-die-sak posisie. Sonja eet haar ham en kaas toebroodjie waarin die Dept van Landbou nie geinteresseerd was nie. 

13:52.  Ons hoor iets van 20 minute maar weet nie waar dit inpas nie. Ons is met vakansie. Min gepla.

14:04. Die Pa van die analfabeet praat ‘n bietjie engels en verduidelik dat hulle ‘n ander bus van Puerto Natales laat kom het.  

14:32. Ons bagasie word afgelaai. Nog geen ander bus in sig nie.  
Ek is altyd op die uitkyk vir hoe verskillend mense en nasies ongemak en teëspoed hanteer. In SA doen ons dit met humor. Hier is daar tans ‘n verslaendheid oor die bus en behalwe vir die af en toe se diep sugte is dit tjoepstil.

Die drywer probeer weer die bus aansit en kyk of die druk om een of ander rede nou wil opbou. Dis 19,9 grade. ‘n Heerlike dag.  Ten minste sal ek nie my eerste ontmoeting met Chile vergeet nie. En om te dink ek het lipstiffie aangesit vir die geleentheid. Chile  is die 39ste land in die wêreld wat ek kan besoek. Na vandag kan ek nog ‘n rooi merker plak op die wêreldkaart in my toerkamer. Wat ‘n voorreg! Wel, tans is ons eerste handdruk lank en onnodig uitgerek. Ek hoop die res van ons verhouding  vorder beter.  

Sonja staan buite en son opslurp. Ek lees nog ‘n hoofstuk in die lewe van Harry Clifton. 

14:50. Groepies van die passasiers begin alternatiewe planne maak. Die meeste bestel taxi’s vanuit Puerto Natales wat blykbaar 30 km ver is. Die seuntjie leer ‘n rympie-liedjie vir sy Ma. Ek en Sonja sit. Ons het nêrens om dringend te wees nie en gaan nie ekstra geld betaal om by daai nêrens te kom nie. Die een passasier laai sy fiets en saalsakke uit die bus se maag, pomp die wiele en laat waai. Hoe mis ek my fiets nou!   

Ek dink sommer terug aan ander gestrande tye en onthou my marathon vlug van Washington Dullies via Accra na Johannesburg wat 72 uur in transit opgelewer het in Desember 2016. Maar ek onthou ook Ritz en Idelette se troue wat ek gemis het as gevolg van ‘n stukkende Interkaapbus tussen Laingsburg en Beaufort-Wes. As kind was daar ook ‘n paar geleenthede in ons blou kombi waar ons gestrand was. Die een keer tussen Colesberg en Bloemfontein. My statiese ure was ook nie net tot voertuie  beperk nie. Ons boot in Stilbaai se halwe perdekrag masjientjie het ook gereeld sy gasket geblaas en gesorg dat ek al van kleins af geduld kon oefen in sulke situasies. Die lekkerste hier is dat die probleem niks met my te doen het nie. Ek kan net sit. Ek   hoef  ‘n plan uit te dink of iets te doen nie. My enigste werk is om vriendelik te bly. En dis maklik sover.


Om 15:07 klim ons in ‘n splinternuwe bus waarvan die binnekant nog na fabriek ruik. Hulle het hom gebring van Argentinië se kant van Rio Turbia (‘n myndorpie) af. Die passasiers se gemoedere is gelig en almal kwetter weer en maak grappies. Ons is honger. Sonja drink haar laaste hot chocolate uit haar groen flessie. Ons werk solank uit hoeveel chileense peso’s ons sal benodig. Een rand is 50 peso’s. Gelukkig is die somme makliker as in Argentinië waar ons rand gelyk is aan 1,7 peso’s.  Die Pa van die sesjarige kom vertel dat sy seuntjie engels leer in die skool in Buenos Aires. Ek sê dan moet hy met my kom gesels. Die Pa: yes but he is shining. 😂  

Skaars 20 minute later is ons in die mooiste kusdorp denkbaar. Ons stap deur elke straatjie en gaan eet later by El Bote in Mount Bulnes straat. Ons deel twee spesiale   naamlik vars tuna steak met groente en sesamesaadjies en guanaco met spicy mash. Dit is hulle  patagoniese kameel. Heerlik!
Guanaco met fyn aartappels.

Calafate pisco sours

Kyk die konsep bier😂




No comments:

Post a Comment