Tuesday, March 20, 2018

Buenos Aires na Ushuaia

Dis moeilik om te glo dat ons vanoggend nog in Buenos Aires was en om 08:10 na die Onse Vader staan en luister het agter in ‘n pragtige kerk. Vandag was vol! Nuwe plekke, nuwe avonture, nuwe kos en nuwe dankbaarheid om hier te kan wees. Ons stap eers vanoggend ‘n uur of wat deur die stad. Sonja was nog nie hier nie en ons sien ‘n paar van die hoogtepunte soos die BA naald wat ook die Jeugolimpiese Spele aankondig wat in Oktober 2018 in BA gehou word. Ons stap ook tot by Evita se draadfoto hoog teen ‘n prominente gebou en vergaap ons aan die spitsverkeer en vinnige voetgangers.

Hier is ‘n paar fotos:























Ons vertrek 10:00 lughawe toe en val in ‘n baie lang ry wat Patagonia toe vlieg met LATAM. Ons kry ons instapkaarte by ‘n kiosk-masjien. Hierdie keer is Sonja langs die venster en ek by die paadjie.  Maar toe ons op die vliegtuig kom, is die hele ry agter ons laat (hulle hardloop seker nog deur Sao Paulo se lughawe) en kan ek ook langs ‘n venster inskuif.  En was dit nie die moeite werd nie! Wow!

Ushuaia (uitgespreek as Oe-swaai-a) is die mees suidelike stad in die wêreld. Okay stad is definitief oordryf. Dis ‘n aandoenlike pragtige dorpie by die kus en teen die voet van ‘n berg met sneeu bedekte pieke reg rondom.
















Ons aandete vanaand bestaan uit King Crab waarvoor hierdie area bekend is en Pisco Sours. Dit was voortreflik!



Ushuaia is ook bekend vir hul pikkewyn-kolonies.  Hierdie een loop ons sommer hier op straat raak.

Die weer is fantasties. Was tot 11 grade vandag. Ons is baie dankbaar vir beantwoorde gebede en baie genade. Nou moet ek gaan slaap, want more pak ons die Tierra del Fuelgo Nasionale Park vir ‘n stap en kanovaart op die Roca meer.

Mag die berge in jou omgewing ook met sneeu bedek wees en mag jy elke dag talle fotos neem van die mooi in jou lewe.


No comments:

Post a Comment