Sunday, February 21, 2010

Vriendskap


Ek het die voorreg gehad om Vrydagaand saam met baie goeie vriende te kuier by die Twaalf Apostels Spa en Hotel tussen Kampsbaai en Houtbaai. Het jy al 'n vriendskap gehad wat jy net so waardeer dat jy wil pyn daarvan? Ek en Jo is sulke pelle. Dis net altyd GREAT om in sy geselskap te wees. Hy is een van daardie raar mense wat mens so goed laat voel dat sy teenwoordigheid eintlik verslawend is. Jo, jy is die beste! Mag die lewe vir jou net geluk en voorspoed bring. Jy verdien dit.
Die "deal" by die hotel werk soos volg: Jy begin met lang cocktails op die sondek terwyl die son in die weste sak. Die shef bederf jou met iets spesiaals en jy bestel solank jou voorgereg, hoofgereg en nagereg. Die kos is uit die boonste rakke. Na 'n heerlike bederf ete skuif jy oor teater toe vir 'n fliek. Voor in die teater staan glaspotte vol "sweats" waarmee jy jouself kan help. As jy nog plek het na die milkshake wat jy gehad het toe die fliek begin het, na die heerlike ete...
Ons het heerlik gekuier en as ek eerlik is sal ek moet bieg dat ek lanklaas 'n aand so geniet het. Ek kan dit vir enige een aanbeveel. Ek kry vir Karin Vosloo (nee Gerrits) ook in die restaurant. Ons was saam op skool. Hulle vier haar verjaarsdag en gaan oorslaap in die hotel. Hulle het 'n verjaarsdagkoek en egte shampanje in hul kamer gekry. Mens voel ge"treat" hier.
Regtig die moeite werd!