Thursday, June 22, 2023

Ysland + somer = Waterval-land!


Vandag was die dag van watervalle!
Hierdie pragtige waterval is in ‘n UNESCO Wêrelderfenis Gebied genaamd Katla Geopark wat 9% van Ysland beslaan. Hierdie is Seljalandfoss en mens kan agter die waterval omloop. 













Gullfoss!

Hierdie is ‘n nasionale park waar hulle parlement een keer per jaar gehou word. 


 









Hierdie twee het by Skogafoss gekamp en net daar in die yskoue rivier gebad. 

Baie van julle het gevra oor die kos in Ysland. Vis en skaap is beide hoofproteiensoorte saam met Skyr (proteien yoghurt). Ons het meestal vis geëet, maar gisteraand was dit lam soos hieronder. Dit was verruklik maar verskriklik duur! Ek het meestal net sop of slaai geëet. 

Ons ontbyte was ingesluit en was meestal ‘n goeie kontinentale Europese ontbyt. Ek het elke dag ‘n kaas en salami Heidi-broodjie ingepak vir middagete. Vanaand is ons afskeidsete van die huidige toer saam met Francois. Die helfte van ons gaan nog môre en Saterdag bly en die skiereiland toer saam met Karl. 



Skögafoss was my gunsteling!



















Groepsfoto!




3 comments:

  1. Alles lyk so mooi, ek sien jy geniet jou gate uit.

    ReplyDelete
  2. Dis so mooi, Hanlie! Bly ek kan saam met jou toer!

    ReplyDelete