Saturday, June 24, 2023

Skiereiland noord van Reykjavik: Snæfellsnes

 


Vanoggend sê my sussie Christa ‘die mooi hou net nie op nie!’ en dit is presies hoe ons hele dag was. Ons besoek die Snæfellsnes Skiereiland noord van Reykjavik. 


 









Ons eerste stop is die bakkery in Borgarnes. Karl het hier grootgeword en wys ons sy gunstelinge. 















Oppad terug in die bus breek daar ‘n tropiese reënstorm los. Die meeste mede-reisigers lê oopmond agteroor en slaap. Dit was ‘n lang fantastiese week! 

Ek gebruik die bus se gratis wifi om my reisreëlings te doen vir môre. Ek boek my venstersitplek op Icelandair en die Express Bus kaartjie van Terminaal 2 in Dublin na die middestad. My vervoer na die lughawe vertrek 04:00. Ontbyt is 03:30. Gelukkig sal dit steeds lig wees buite!

Nou gaan ons klomp vir oulaas saam iets eet en dan pak!



No comments:

Post a Comment