Monday, June 19, 2023

Twee watervalle, ‘n meer, ‘n maanlanding en puffins!

Foto: Kate Blake

Daar is drie soorte puffins in die wêreld, maar hierdie een wat in Ysland broei is die Atlantiese puffin. Die helder oranje bek is broeidrag en seisoenaal. 60% van die wêreld se puffins broei in en om Ysland en hier is tussen 8-10 miljoen van hulle. 







Ons het vandag 300km afgelê met ons 4x4 bus, 22000 treë gegee tussenin. Ons is 07:45 weg uit Akureyri en het na 20:00 in Bakkageroi aangekom. Die location hierbo wys waar ons vannag slaap en die rooi pyl wys waar die puffin gemeenskap broei. Dit was vir my die ultimate in ‘n dag vol hoogtepunte. 

Ontbyt is elke dag ingesluit by ons gastehuise. Die res koop ons langs die pad. Vanaand het ons catfish en groente gehad. Dit was uit die heel boonste gestoeltes. 


Ons dag begin by Godafoss. ‘n Foss is ‘n waterval. 


Hierdie is wortel-lose vulkaniese kraters wat ontstaan het toe kokende lawa massas die Myvatn meer getref het. Dis soos as ons fudge maak en wag tot die groot stadige borrels kom in die kookproses. 



Elke stukkie rots, grond en oppervlak wat jy sien in Ysland is lawa rots. 




In hierdie lawaveld het ons meer as ‘n uur spandeer en ek kon nie my mond toekry nie. Hy was pal oop in stomme verbasing. Dis kokende moddergate in skilderagtige kleure. 


Dettifoss





Dettifoss (waterval) in Noordoos Ysland





Geysers in lawaveld. 9 van die 12 VSA ruimtevaarders wat al op die maan geloop het, het in sentraal Ysland geoefen, omdat die terrein so baie dieselfde is. 






Dis nou halftien en die son skyn my uit my bed uit! Ongelooflik!

Ek voel vanaand amper of ek ook nou maar kan doodgaan. Ek het gesien wat ek wou. En tog weet ek dat môre net so baie gaan oplewer. As jy nog ooit gewonder het of jy Ysland moet besoek… nou weet jy. Moet nie twyfel nie. Ek kom verseker weer. 

Die Yslanders is aanpasbare mense wat die lewe vat soos hy kom. Hulle besef hulle is kuiergaste in ‘n land waar die natuur ontsagwekkend magtig is. Baie van hul humor draai oor die weer. ‘If you don’t like the weather, wait 5 minutes.’
Hulle lag maklik en lank. Ons kan baie by hulle leer. 
 

1 comment:

  1. Reis verryk die siel! Geniet dit Hanlie!

    ReplyDelete