Wednesday, June 21, 2023

21 Junie 2023 Met eish ja!

 


Vanaand het ek nie woorde nie. Ek sal altyd 21 Junie onthou as die dag waarop ek die mooiste iets gesien het in my lewe. Dan is dit nog die langste dag van die jaar ook in die Noordelike halfrond. As jy alles anders hieronder skiep is dit okay. Maak net seker jy kyk die video van Diamantstrand.

Ysland se swart strande


Hierdie verskynsel gebeur as die wind kleiner stukke ys uit die gletserlagoon waai by die mond van die lagoon uit en op die strand. Nie almal sien dit nie. Ons is so geseënd.  Ek kon my oë nie glo nie. 

Op ‘n boot in die gletserlagoon.


Hyperlaps met dank aan Katie Blake.








Die bruid en bruidegom oppad na die gletser vir hul troufotos!




Die basiltkolomme vorm waar die lawa stadig afkoel. 





Video: Diamantstrand Ysland


Crampons en ‘n yspiek vir die gletserloop.



Wat Ysland se gletsers so besonders maak is die vuur en ys karakter van Ysland. Die swart is vulkaan-as wat na elke vulkaan uitbarsting oor die eeue in die gletser saamgepers is. 













No comments:

Post a Comment