Friday, June 30, 2023

High tea by die Merrion Hotel in Dublin

 Wat ‘n fantastiese afsluiting vir ‘n uiters besonderse toer. Dit het so gebeur: ‘n paar maande terug neem ek ‘n reeks op wat op BBC uitgesaai word genaamd City Bakes met Sjef Paul Hollywood wat 12 wêreldstede besoek en hulle bekyk uit sy bakkersoog. Ek sien daar’s een oor Kaapstad en ek kyk aanvanklik net hom. Nadat ek reeds met toer na Ysland en Ierland bespreek het, is daar een aand nie beurtkrag nie en ek dog… wat is die kans? En wraggies daar is Paul in Reykjavik en Dublin!

In die Dublin een sien ek die ongelooflikste ding: die grootste kunsversameling in privaatbesit in Europa, behoort aan een van die eienaars van die Merrion Hotel en hulle het besluit hulle kuns is mooi genoeg om te eet. Toe stel hulle ‘n sjef aan wat klein koek kunswerke maak gebaseer op hul versameling. Die sjef kies elke week drie ander kunswerke. Ek was so beindruk dat ek dadelik bespreek het vir 16:00 vanmiddag. 

Dit was onbeskryflik! Kyk maar eerder self. 








Die eerste gang…








Die tweede gang: kunswerk 1

Tweede gang: kunswerk 2

Tweede gang: kunswerk 3










Na die tyd drentel ek terug na Beckett House en bekyk vir oulaas die stad. 












Vanaand is dit pak, vroeg slaap en vroeg opstaan. Ek kry die Dublin Express 05:26 by Custom House Quay en dis 25 minute se stap met al my bagasie!


No comments:

Post a Comment