Friday, June 23, 2023

Reykjavik: the bay of smoke

 


Ons is terug in Reykjavik by Hotel Cabin en vanoggend het ek gaan Quadbike ry net buite die stad. Twee ure se jaag op 4x4 paadjies teen 65km/h op plekke. Heerlik! Ons is opgestop soos die oros mannetjie met ‘n wolpak en ‘n reënpak bo-oor. So kans vir koudkry was daar nie. 

Gisteraand groet ons vir Francois. Een van die heel beste gidse wat ek al ooit op enige toer gehad het. 


My twee maters kom uit Guacamala en VSA onderskeidelik. Baie interessante mense. 


Ons quadbike-gids is Stefan. 





Ek stap bietjie in ‘n supermark rond en vind dit eintlik maklik om Afrikaans te wees. 


Vars cranberries vir middagete.

En toe gaan ons op ‘n stadstoer saam met ons nuwe gids Karl. Hy het hier grootgeword en ken al die stories van die stad. Hierdie is die konferensie fasiliteit waar die Europese Unie se lidlande onlangs die oorlog in Ukraine bespreek het. 

Hulle stadshuis en Munisipaliteit. 

Hierdie standbeeld se opskrif is ‘die onbekende burokraat’. Asof alle burokrate klipkoppe is!

En toe is ons Botaniese Tuin toe. 

Mamma, kyk hul mooi kleur krismisroos. 

Die middelpunt vd stad. 

Nog besonderse krismisrose. 

Die bekendste landmerk in Reykjavik is die Lutherse kerk waar die argitek die lawakolomme in Ysland vereer soos die wat ons op die swartstrand gesien het. 



Botaniese Tuin


Hierdie voëltjie het baie dieselfde gedrag as die gevlekte lyster in SA. Hardloop vier treëtjies en staan regop. 

Die Sky Lagoon in Reykjavik is ‘n geothermal warmbron waar ons vanaand heerlik ontspan het. 




Môre is my laaste dag in Ysland. Ons gaan die skiereiland bo Reykjavik besoek. 



3 comments:

  1. Dankie Hanlie!! Dis pragtig!

    ReplyDelete
  2. Klink na n wonderlike ervaring! Jou foto's is só mooi, Hanlie!

    ReplyDelete
  3. Dit lyk na 'n wonderlike avontuur.

    ReplyDelete