Thursday, June 29, 2023

Cliffs of Moher, Galway en Wild Atlantic Way

 Vandag was uitputtend! Ek is pas na 20 233 treë terug in my kamer in Beckett House. Moeg maar tevrede. 

Ek is vanoggend 05:35 hier uit en moes ‘n vinnige pas insit om by St Greens Park te kom aan die anderkant van die stad waar Paddy Tours mense optel wat die weste van Ierland wil bekyk. 

Die Cliffs of Moher is in die top 10 goed om te sien in die wêreld, laat weet my sussie Corné uit SA. Dit is Ierland se no 1. Baie mense kom daar en sien nooit die massiewe kranse nie as gevolg van slegte weer en mis, maar ons is so geseënd vandag met skoon uitsigte. Dis ver van Dublin af en die volle dagtoer neem 13 ure. Ons het twee ure rondgeloop in die pragtige Galway stad en middagete geniet by Lisconner. 


Die kranse is 214 meter hoog op sy hoogste punt (by die kasteeltjie) en plat af na noord en suid teen die weskus van Ierland na 120 meter. Dit strek vir 9 km!











Die kronkelpaadjies oppad na Moher is dun. Moet asb nie hierdie video kyk as jy motorsiekte kry nie. 

Ek het my Yslandiese mus vandag in die bus klaar gebrei. 

Galway

Oscar Wilde links op die foto



Ontbyt in Galway is ‘n skon met Earl Grey tee. Te heerlik. 



Meer mense in ons bus was moeg vandag.

Ons busbestuurder is Gaelic Iers en uitgesproke. Hy ken sy geskiedenis goed, maar weier om te praat van die 1845 massadood in Ierland as ‘n hongersnood. Volgens hom was dit ‘n genocide onder die hand van die Britte. 


Die nuwe Touran is orals in Europa te sien om elke hoek en draai. Ek kan nie glo dat Volkswagen SA besluit het om dit nie verder in te voer nie!

No comments:

Post a Comment