Sunday, June 18, 2023

Akureyri 18 Junie 2023


Vandag was fantasties! Ons het 07:15 vertrek uit Reykjavik en 400km gery tot by Akureyri aan die noordkus van Ysland. Net na ons vertrek sien ons ‘n Arktiese Vos 🦊. Dis die enigste inheemse soogdier in Ysland. Al die ander is deur mense ingebring. In die somer is hy bruin en in die winter wit, maar vanoggend s’n was bruin met ‘n wit stert, so hy is nog besig om sy winterjas af te gooi. Hy was te vinnig vir my kamera, maar ek het ‘n prentjie op google gesoek om julle te wys:



Arctic Fox met sy winterjassie.


Net buite Reykjavik gaan ons in ‘n tonnel onderdeur die see. Die tonnel is 6 km lank. 

Lawaveld


Middagete




Akureyri se verkeersligte se rooi lig is in die vorm van ‘n hart. 

Die 3 vrouens op die foto links van my is drie sussies uit ‘n familie van nege susters! Carin regs van my is Sue se dogter. 


Vanmiddag gaan ons met ‘n boot op Fjord 

Eyjafjörður.

Die hoofdoel is walvisse kyk, maar ons sien talle ongelooflike voëls (arctic turns, fulmars by die hope) dolfyne en ‘n humpback wat ons lank vermaak. Die uitsigte op die berge rondom die fjord is onverbeterlik. 















Ons slaap vanaand in ‘n pragtige gastehuis langs die fjord met ‘n aandete uit die boeke en ‘n warm buite bad. 
Nou gaan ek eers die uitblokgordyne dig toetrek en heerlik slaap na ‘n uithalerdag!







 

3 comments:

  1. Dit lyk wonderlik!

    ReplyDelete
  2. Dis 6uur op n maandag oggend hier by ons. Kan nie wag vir die volgende inskrywing nie. Geniet dit

    ReplyDelete
  3. Ek reken mens sal jou mussie in daai buiteblad ook moet dra!

    ReplyDelete