Tuesday, June 20, 2023

20 Junie 2023 Onverwagse ongelooflikhede aan die ooskus van Ysland











Om een of ander onverklaarbare rede was my verwagting vir vandag baie laag. Ek weet nie hoekom nie. Francois se beskrywing was ‘ons gaan sover as moontlik suid ry langs die ooskus om so naby as moontlik aan die groot gletser te slaap en tussendeur ‘n stappie doen en een of twee plekke stop.’ En toe reën dit ook nog…

Maar wat ‘n ongelooflike verrassing! Die ooskus van Ysland is fenominaal fantasties!


Die blou kol is waar ons nou is. By Smyrlabjörg Hotel. Jy kan dit uitspreek net soos jy wil, want nadat ek drie keer gevra het, weet ek steeds nie. Yslandies is ‘n moeilike taal. Hierdie t-shirt in ‘n snuistery winkel sê alles:


Dit reën vanoggend, maar ons gids Francois is min gepla. Soos hy sê: If we stop doing things when it rain in Iceland, we will never be doing anything.  Hy gaan net aan asof die son skyn. Hulle sê ook graag: there is no bad weather in Iceland, just bad clothing. 
So ons en ons bad clothing is toe vanoggend in die reën ‘n berg uit na Hengifoss toe. Die hangende waterval, want in die winter is hy totaal vasgevries en hang tussen hemel en aarde. Op 118 meter se val, is hy die hoogste waterval in Ysland. Gelukkig was dit vandag somer🤣. 






Oppad terug van Hengi waterval af. Dit was twee ure se vinnig stap. 




Hierdie is Hvalnes berg. ‘n Kunswerk!


Ek geniet ons groep baie. Interessante wêreldreisigers by wie mens elkeen elke dag iets kan leer. En ons lag hard en aanhoudend. 




Een van Ysland se spesialiteite wat ons vanaand probeer: licorice whisky 


Francois verduidelik die volgende stap in die dag. Werklik ‘n uitsonderlike gids. 

Nou toe, nou moet ek slaap (weer in helder daglig!) want môre is dit ons en die Vatnajökull Yskappie en die Falljökull gletser. 

Die puffin mus is ‘n plaaslike ekonomie ondersteuning in Djupivogur uit egte Ysland skaapwol. Dit is verfrissend om net tuisgemaakte produkte te sien. Geen ‘made in China’ nie en ook geen McDonalds op elke hoek nie. 

If there’s a junction in the road; take it!






No comments:

Post a Comment