Tuesday, June 27, 2023

The Book of Kells, Trinity College, Long Room in Old Fagel Library, Boxty en die nagtoer op die Big Bus


Die Temple Bar Lane in die aand


Vandag my eerste guinness gedrink. Verbasend lekker!

Die detail van Dublin is pragtig

Die familie van die hero moet baie trots wees op sy liefde vir voëls😁

Die man op die muur was duidelik nog nie daar nie!

Oral in Dublin staan die oudste en die nuutste soomloos langs mekaar. 


Die groot aartappel-uitwissing van 1845 was tot vandag toe die grootste enkele impak op Ierland en het 75% van hul inwoners verdryf. Die wat nie dood is nie, het gevlug.


Die River Liffey word gekruis deur 21 brûe in Dublin. Hierdie een hierbo is ‘n swingbridge. 







Uiteindelik kon ek vanaand uit die nagtoer van Big Bus die hele Spire of Dublin in een wyehoeklens vasvang.

Die Liffey rivier skei Noord en Suid Dublin. Môre skuif ek na my tweede verblyfplek noord van Liffey. 







Elke pub se daaglikse bier en whiskey word in hierdie ronde blikke afgelaai vroeg in die oggend. Dan is dit maklik om te sien hoeveel die vorige aand verbruik is. Kyk die een hieronder!


Mens kan net so lank sonder vrugte leef!

Ons hotel hou vanoggend’n branddril. 

Die Boxty doen interessante dinge met aartappels. Ek het van hulle gesien op Paul Hollywood se reeks City Bakes en hulle kom soek. 

By die Whiskey Museum. Triple distilled!


Gelukkig weet hulle ons wil ook welkom voel. 





 Vandag was baie interessant! Ek het minder rooibus gery en meer afgeklim en ervaar. 



Een van ons toerlede in Ysland, Bonnie van Vancouver, Kanada, het my gesê haar hoogtepunt in Dublin was die Boek van Kells Monastery. Dit word bewaar in Trinity College in Dublin. Die college is geopen in 1592 en die Ou Fagel Biblioteek in 1732. Die Boek van Kells dateer uit 800 nC en bevat die vier evangelies. Dis in Latyn. Dis die oudste kulturele skat van Ierland. Op die Big Bus kry ek twee mense van Kaapstad en hulle bevestig dat dit die moeite werd is en dat ek ‘n kaartjie aanlyn moet boek vir makliker toegang. Ek maak so vir 16:00 vanmiddag. Dit kos 18 Euro. 


Ek was diep onder die indruk van 431 jaar se geskiedenis!





Die tekeninge in die boek is ongelooflik. 




Die Long Room was ongelooflik!
Mens laai ‘n app gratis af en kan na alles luister. Kyk onder trinity college op die App Store. Die stem en musiek is dieselfde as in ons dagstukkies uit die Bybel ‘prayasyougo’. Was sommer bekend!





Hierdie is die oudste harp in Ierland. Het behoort aan die Koning wat in 1014 oorlede is. 


The Book of Kells. 


Vanaand my eerste guinness gedrink. Verbasend aangenaam. 

In ‘n regte Ierse Pub!







No comments:

Post a Comment