Tuesday, May 21, 2019

Vinesië: Een groot kunswerk!

Burano eiland is bekend vir hulle veelkleurige vissershuise. Ook vir kantmakers.

Torcello eiland

Rialto brug

Saint Marco katedraal soos gesien vanuit die Kloktoring.

























Die glasblasers op Murano eiland is meesters van hul vak. Hierdie man hieronder het hierdie glasperd in 5 minute voor ons oë staan en maak.



Hierdie replika van die oorspronklike toring is gebou tussen 1902 en 1912. Die oorspronklike toring is in 1537 gebou en is een keer verwoes en het ‘n ander keer self inmekaar gestort. Vinesië stad het ‘n groot probleem en sak elke jaar ‘n bietjie. Klimaatsverandering is ook nie hul vriend nie. 

My Pa en sy neef, Bob, wat ook nou saam met ons toer.

The bridge of sighs. 

‘n Watertaxi by ‘n stasie. 


Na 2 dae en meer as 36000 steps op my fitbit, voel dit of ek nou gereed is om Vinesië ook met julle te deel. Ek is mal hieroor. Meer as mal. Die energie in hierdie stad praat met my. Die hele stad is een groot kunswerk. Jy weet nie waar om eerste te kyk nie. Ek het al ver meer as 500 foto’s hier geneem en wil so graag soveel as moontlik hier wys, maar niks wat ek hier post kan dit reg weergee nie. Julle sal self moet kom kyk. 

Vinesië bestaan uit 118 eilande wat verbind is met 427 brûe oor meer as 150 kanale. Alles gebeur op die water. Dit is nogal ‘n aanpassing aan die begin om jou kop daar rondom te kry dat die hoofstraat eintlik ‘n grand canal is met systrate, taxi’s, busse, afleweringsvoertuie, parkeerplekke, spitsverkeer en baie mense. Alles op water! 

My lekkerste oomblik vandag was om in die Bell Tower op Saint Marco Piazza te staan toe die 12:00 klokkespel afgaan. Ons koop ‘n 24 uur dagkaartjie van ACTV en kan op al hulle watertaxi’s en busse ry. En ons doen dit! Laatmiddag kry ons goeie sitplekke heelagter op die oop dek en ry al in die rondte met lyn 2. Ons ontdek nog talle nuwe plekke. Ons is getuies vandag van ‘n proposal op St Marco’s Piazza en ook ‘n troue by Rialto brug. 

Ek kom definitief terug. Dit voel of ek nog nie die skilletjie van die ui afgeskil het nie.

No comments:

Post a Comment