Friday, May 17, 2019

Pragtige Katakolon in Griekeland

17 Mei 2019

Nog ‘n baie aangename verrassing is die pragtige vissersdorp Katakolon in Griekeland. Van hier gaan die excursions na Olympia waar die eerste Olimpiese Spele gehou is in 776 voor Christus. Dit was natuurlik heel anders as vandag en net 12 mans het aan een item hardloopresies deelgeneem die eerste jaar, maar dit het verder ontwikkel en is in Olympia aangebied tot 393 na Christus. Die moderne Olimpiese Spele het egter eers weer in 1876 herleef en is in Athene aangebied (ook in Griekeland).  Ons stel min belang in reunes en kies om die dorpie te verken. ‘n Besluit wat vrugte afgewerp het. Ons het net ‘n halwe dag hier en moet 13:30 weer terug wees op die skip om 14:00 te vertrek.

Ons weer is fantasties!  Ek kon die mooiste foto’s neem en kan eintlik nie eers kies watter ek hier wil wys nie. Hier kom ‘n paar:


 

Die blomme was pragtig! Die strate silwerskoon en die mense hartlik en vriendelik.







Ons klein bootjie. 











Ons draal van winkeltjie na winkeltjie en drink ‘n griekse bier op die waterfront. Hulle gebruik euros, maar alles is bekostigbaar en interessant. Werklik ‘n besoek werd en aan te bevele. Oor aandete wonder ons hoeveel bote doen hier aan. ‘n Vinnige besoek aan google vertel my dat hier 502 besoeke is deur 42 verskillende cruise maatskappye tot einde 2020! Ongelooflik! 


Hierdie pragtige foto’s neem ek gisteraand op dek 14. Dit was ongeveer  20:40 en twee dae van volmaan af. Griekeland se tyd is een uur voor SA. Vanaand spring ons weer een uur terug oppad na Kotor in Montenigro môre.



Ons stap met die mountanous road op om hoogte te kry om hierdie foto te neem.

Die kos op die skip is baie uitstekend. Hier is 150 sjefs en 250 kelners aanboord. Vanaand was ‘n griekse spyskaart, maar ons het al Thailand, Spanje, Portugal, Brazilië, Suid-Afrika en China gehad. Absoluut geurig en smaaklik!








Vanaand hoor ons hier is ‘n tannie oorlede met die stap uit Petra uit en ook ‘n Oom aan ‘n hartaanval. Baie gevaarlik hier. Seker dieselfde rede as wat aan rolbal die titel gee as die sport met die hoogste sterftesyfer. Hier is baie mense siek aanboord met bronchitis en griep, maar deur die genade van Bo makeer ons niks!

Dit was ‘n stunning dag. Nou sien ons uit na môre.


No comments:

Post a Comment