Sunday, May 19, 2019

Split in Kroasië: stad met kwaai ooms en rowwe Romeine

19 Mei 2019
Daar was net nie gisteraand tyd om oor Split te skryf nie. Ek is jammer. Daar is soveel van julle wat saamtoer en sommiges se ongeduld om oor elke dag se avonture te hoor, is tasbaar. Dankie vir die whatsapp boodskappe! Hier is dit! Split is pragtig. Dit was my eerste keer in Kroasië. ‘n Mens moet nie vergelyk nie, maar die ou stad in Montenegro het my meer beindruk en is beter opgepas, maar Split het ‘n heerlike atmosfeer en pragtige blomme wat die kuier daar baie interessant gemaak het. Daar is talle cruise ships in die hawe en die ou stad is vol opgewonde toeriste. Ons klim vroeg van die boot af en vat ‘n tuk-tuk wat bestaan uit ‘n jong man op ‘n elektries aangedrewe fiets om by die ou stad te kom. Hy is vriendelik en vol storietjies.



Ons het ook die kerk in die agtergrond besoek tydens ‘n diens en was dankbaar oor die hoeveelheid christene hier.





Hoe hulle die blomme so kry weet ons nie! 




Hierdie vriendelike Romein vrae ‘n tip om saam met jou afgeneem te word. Hy is seker ‘n student wat dit vir sakgeld doen.




En daar verloor ek die oorlog! Sal nie omgee om in Split gevange geneem te word nie. Ons bootvaart spoed ten einde en dit gaan net te vinnig.




Om elke draai in die ou stad is iets interessants om te sien. Ons het ons verkyk.


Hierdie reuse standbeeld van Gregory of Nin (Grgur Ninski) staan voor die Goue Hek van die Ou Stad. Hierdie ingang word gereken as die hoofingang as gevolg van die detail daar. Gregory was die biskop van Nin wat die Pope sterk teengestaan het en die nasionale taal in kerkdienste ingebring het. Voortaan is dit slegs in latyn gehou tot in 926 nC. Dit het die evangelie meer toeganklik gemaak vir gewone Kroasiërs en baie beteken vir hulle taal en kultuur. 



Hulle glo dat mens geluk kry as jy sy toon vryf. Dis waarom dit al blink gevryf is. 
 Die standbeeld is 8,5 meter lank en is in September 1929 opgerig. Daar is ook ‘n standbeeld van Gregory in sy tuisdorp Nin, maar dit sal ek op ‘n ander keer moet gaan sien. Sy vingertjie is nogal lank en snaaks en laat hom baie kwaai lyk. 






Heelwat van die scenes in Games of Thrones is in die paleis in die ou stad geskiet. Dit is die Diocletian Palace.


Hierdie lekkergoedwinkel het lekker geluk en mooi fotos gemaak, maar gans te duur om iets te proe. Hulle gebruik die Kuna geldeenheid en een Kuna is 2,17 rand. Die aantal lande waar ons geldeenheid sterk is, raak al minder.


Ons het ons verkyk aan hul krismisrose. ‘n Diep amper kobaltblou.


In die kern van die ou stad staan hierdie bell tower. Ongelukkig was dit onder konstruksie en kon ons nie opklim daarin die. Maar ek lees op google dat dit ‘n goeie uitstappie is om te doen as mens in Split is.


Die detail op die ou pilare is pragtig. 


Hierdie sanggroep gebruik die akostiek van hierdie oop ruimte om hul musiek te bemark en verkoop CD’s. Ons het ons verluister.





Pragtige vrugtestalletjies by die mark langs die ou muur. Moenie te opgewonde raak por die avocado’s nie. Hulle kos R80 stuk! Twee aande terug is ons so opgewonde oor ‘n avocado slaai op die spyskaart in ons restaurant op die skip. Nogal as deel van die Griekeland menu. Ons bestel dit met groot afwagting. Wel, dit is toe ‘n soek-die-avocado en wen die blare-slaai! 


My Pa op die tuk-tuk. 


En daar kry ons wraggies ‘n SPAR in die ou stad.


Gisteraand neem ons afskeid van ons restaurant se mense. Links agter en tweede van regs agter was ons kelners. Edi en Edu was beide hoogs professioneel en baie vriendelik. Agter in die middel staan die hoofkelner in ons afdeling van die restaurant en regs voor langs my ma staan die gasheer/ rondreisende kelner/ gesels met almal maar doen eintlik niks nie vriendelike (amper te) witbaadjie van Indonesië. Ons was bederf!

Voorsmakie van Venesië! 


1 comment:

  1. Ek was 3 weke gelede in Split. Tog te lekker om weer saam met jou daar te loop.

    ReplyDelete