Saturday, May 18, 2019

Kotor in Montenegro: asemsnakkend mooi!

18 Mei 2019
Ons drie sit na aandete in gemakstoele op dek 13. My oë brand vanaand. Van kyk en kyk en kyk vandag. Dis asemrowend. Kotor is aangewys as die beste bestemming in Europa vir 2019 en julle sal duidelik sien hoekom.








Ons boot dok nie vandag nie. Lê net op anker en ons word per tender bootjies land toe vervoer. Die ou stad in Kotor is ‘n Unesco World Heritage Site en dateer uit die 9de eeu. Twee groot aardbewings het groot skade aangerig. Die een so onlangs soos 1979. Ek kom definitief weer. Ons tyd is min en ek moes afsien van die oustadsmuur klim. 1500 trappies tot bo. Ons ry met die rooi busse en sien Romeinse mosaik uit 447 nC wat mooi bewaar is. Daar val ‘n paar druppels, maar net toe ons reënjasse uit is en aan is skyn die son weer. Ons kry ‘n begeleide toer deur die ou stad. Eks nou te moeg om verder te vertel, maar die foto’s sal dit doen!

No comments:

Post a Comment