Sunday, March 15, 2015

Wifi op ons bus!

Ek probeer gou nog n paar fotos stuur. Sal later vertel. Ons is oppad Megiddo toe.
Op die see van Galilea hys die skeepskaptein ons vlag en speel ons volkslied. N baie spesiale oomblik.

Hierdie vissersboot is in 1986 ontdek in die see van Galilea. Ongelooflike interessante museum. Daar is twaalf verskillende soorte hout gebruik in die boot. 

My sussie Santie by die see van Galilea. Ons sien hier plaaslike vissermanne. Die een het sy nette uitgegooi en gebruik n ding wat soos n dreinpomp lyk met n lang stok aan om die visse weg te kry van die rotse in die rigting van sy nette.

Vir al my vriendinne met Magdalena in hul name. Hier is die eerste dorp wat julle naam herdenk. Gebou ter verering van Maria Magdalena. Dorp se naam is Magdala. 

















No comments:

Post a Comment