Tuesday, March 17, 2015

Ou stad Jerusalem

Ja, ek weet ek het gese ek sal nog meer vertel van gister, maar nou het vandag sy eie belewenisse opgelewer en is my kop huiwerig om terug te beweeg. Jammer daaroor.

Ons eerste stop vanoggend was die tuingraf. Dit word instand gehou deur vrywilligers en is die eiendom van Britse christinne. Ons toergids hier is Gordon Reeve. Hy is van Kanada (BC) en lewer die mooiste getuienis van hoe hy as klein seuntjie die Here aangeneem het. Sy Pa het vir hom Joh 3:16 gelees as 'God het vir Gordie so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat as Gordie in Hom glo hy nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he.'  Vanaand by ons nabetragting vertel my Ma dat dit haar ook getref het. Dat die boodskap van Christus eintlik so eenvoudig is.

Die tuin van die tuingraf is pragtig met die mooiste blomme, water, voels en 'n toer bring jou by Golgota en die waarskynlike plek waar Jesus begrawe kon wees. Ons herinner mekaar gereeld dat dit hier nie hoef te gaan oor presies waar nie, maar DAT Hy gekruisig is, dat Hy opgestaan het, dat Hy opgevaar het en dat Hy weer kom.


Die ingang na die tuingraf



Gordon Reeve, ons vrywillige toergids



Potte en potte en potte blomme net waar jy kyk. Regtig pragtig!



Dis lente in Israel en die wereld is groen met pienk bloeisels.

     

Die graf.




Hierdie pragtige bewoording is agterop die deur. Dank Vader dit is waar! Hy het opgestaan! Hy het waarlik opgestaan!



Ons vier saam die nagmaal. My Pa deel aan elkeen die tekens  afsonderlik uit. Hier ontvang Ilse hare.




Hier is my en my twee sussies se glasies. 

Ons gids Dawied het spesiaal vir ons hierdie nagmaalglasies uit Bethlehem gekry vir vanoggend. Ons elkeen kan syne as aandenking saamneem.




My Pa spreek die seen uit en gee vir ons drie dinge saam: Die genade van God ons Vader, die liefde van Jesus Christus en die teenwoordigheid van God die Gees.




Ons twee gidse. 



Tuin van Getsemane






Hier is die twee vriendinne van die Vrystaat (naby Golden Gate) by die Golden Gate van die ou stad Jerusalem. Die Jode glo dat as die Messias kom, gaan Hy deur hierdie ingang Jerusalem binnegaan. 


Church of all Nations. Dit is pragtig! 


Iphone panorama jou lekker ding!


Ons het vandag regtig snaakse T-shirts gesien! Die ander se: I dont need google, my wife knows everything!



Scharma vir middagete. 


Die kerk waar die Via Dolorosa eindig.



Hierdie is n massiewe mosaik. Pragtig! 











Bad van Bethesda. Hier is n kerk met die ongelooflikste akkostiek wat ek al ooit gehoor het. Ons 14 sing die Onse Vader uit volle bors!


Golgota soos hy gelyk het. Drie weke terug was hier 'n sneeustorm waarin die neus afgekom het. 



'N Baie interessante perspektief wat ons vandag gehoor het, is dat die berg Morea 'n hele rif is en dat Golgota waar God sy Seun geoffer het,  deel van dieselfde rif is waar Abraham vir Isak amper geoffer het. 


By die Paternoster Kerk is die Onse Vader gebed opgesit in elke taal in die wereld. Ons kon die Sotho, Engels en Ndebele sien. Die Afrikaans was binne waar daar 'n diens aan die gang was. 

Nou gaan ek eers slaap.  Mag dit goed gaan met elkeen van julle. Gaan groot! My suster se seun (ons oudste kleinkind) is vandag 21! Geluk Gerjo! 



No comments:

Post a Comment