Friday, March 13, 2015

Istanbul, Tel Aviv, Sesarea, Berg Karmel, Megiddo, Nasaret, Kana, Tiberias


 Ons eerste langvlug van Johannesburg na Istanbul verloop seepglad en die meeste van ons kry darem 3 tot 4 ure slaap in voordat die lugwaardin 04:15 ontbyt begin bedien. Ons land 05:20. Ons vergaap ons aan n tannie met n breerand ligpienk sonhoed op wat agter ons sit. Later toe ek toilet toe gaan sien ons dat sy wraggies daarmee slaap ook. Seker n bad hairday gehad. Op die foto hierbo staan ons gereed om die vlug van Istanbul na Tel Aviv te bestyg.
Op die vlug het ek my vergaap aan n Jood twee plekke van my af. Toe ons opklim, was hy in gewone klere, maar pas was ons in die lug toe trek hy sy tradisionele drag aan. Kyk die houtblok voor sy kop en die leerbande om sy arm. Probeer om eers die oosterling in pienk mis te kyk. Die Joodse buurman het die hele vlug in die paadjie gestaan en woorde geprewel uit n Hebreeuse Bybel. Al die lugwaardinne het maar net rustig om hom geloop. 

Ons ontmoet vir Dawid (uitgespreek as Dawied) in Hebreeus. Hy is die plaaslike toergids en ken sy storie. Hy het al baie Afrikaanse toergroepe gevat vir Seagull en ons lag lekker vir sy afrikaanse uitdrukkings.  

Ek sukkel vanaand om hierdie blog te skryf. Maar ek druk deur. Ek tik op my selfoon en kan nie alles sien nie. Die hoogtepunt vir my vandag was die besoek aan die Berg Karmel. Daar het mens die ongelooflikste uitsig oor die Kison spruit, Jisreel vallei en groen koringlande. Dit is hier waar Elia die 850 baalprofete uitgedaag het. 


My Pa en Ma op hul plek in die bus. Ons reis in styl!

Die amfi teater en reunes by Sesarea was ook vir my fantasties. Kyk ons mooi weer!! Hierdie teater is 2030 jaar terug gebou.


Die pragtige uitsig vanaf Berg Karmel. 

Nog n kykie na Sesarea se teater. 

Hierdie Rooms Katolieke kerk is opgerig in Nasaret op die plek waar die engel Gabriel aan Maria verskyn het om te se sy sal swanger word. Ek gaan nou eers slaap. My oe kyk bo-oor mekaar en ek sit nog in die lobby in ons hotel in Tiberias. Ons moet al 05:30 opstaan, want ons vaar moreogg vroeg met die boot op die See van Galilea. Hoe gelukkig kan een mens wees. 









No comments:

Post a Comment