Sunday, March 22, 2015

The morning after...

Kyk! Julle kan nou se dit is die plasibo effek of wat ook al, maar my vel voel so goed soos wat hy nog nooit gevoel het nie. Dit is asof hierdie Dooie See modder 'n olierigheid inhet. Maar wat dit ookal is, dit is goed vir jou. Heerlik.

Dit is Sondag en na ete vanaand hou ons groepie kerk in een van die konferensie vertrekke in die hotel. My Pa lei dit. Hy lees uit 1 Kor 15:1-26. Nou dat ek by die tuingraf was in Jerusalem, sien ek die prentjie so duidelik voor my van Jesus wat opgestaan het en aan Maria verskyn het en wat lewe! Ons belangrikste christelike gebeurtenis is die opstanding van Christus. Want as Christus nie opgestaan het nie, se Paulus, is ons geloof sonder inhoud.

Maar dank die Vader! Hy het Christus uit die dood opgewek! En sal dit ook eendag vir ons doen wat in Christus glo. Ek dink vanaand weer terug aan hierdie woorde op die agterkant van die deur van die tuingraf.


Party mense kom Israel toe om Jesus te sien. Hy is nie hier nie. Hy het opgestaan uit die dood. Opgevaar na die hemel. God die Heilige Gees is hier in ons.

Tuingraf in Jerusalem


                                     

                                           Die sonsopkoms uit ons kamervenster vanoggend.



Hierdie beddens in die Holiday Inn is die lekkerste sover op die hele toer. Hier probeer Corne nog 'n minuut ingepas kry. 
Vandag gaan ons berg Nebo toe waar Moses se graf is en vanwaar hy die beloofde land slegs kon sien, maar nie ingaan nie. (Deut 32:48-52)

Lekker dag vir almal van julle. 

No comments:

Post a Comment