Sunday, March 22, 2015

Die Dooie See Jordanie

Pret! Pret! En nogmaals pret! Dit is eintlik al hoe ek vandag kan beskryf. Ons ry vandag vier ure vanaf Petra na die Holiday Inn by die Dooie See in Jordanie. Eintlik ry ons al langs die ooskus van die Dooie See op.

Ek sit 'n kaart by net vir die van julle wat graag soos ek die groter prentjie wil sien en weet waar ons is. Jordanie le oos van Israel en het die volgende lande as bure: Syria (noord), Irak (noordoos), Saudi Arabie (oos) en Israel (wes). Jordanie is amper sonder 'n kuslyn as dit nie was vir die 26km kuslyn wat hulle het heel in die suide by die Golf van Aqaba met toegang tot die Rooi See. Baie naby aan waar ons was in Eilat. Die geldeenheid in Jordanie is die Jordan Diner en hy is vasgemaak aan die US Dollar teen 0,709 JOD vir een dollar. Of as jy dit vergelyk met rand is R100 'n skamele 5,90 JOD. Ek besef skielik dit is amper wat ek vanmiddag vir 'n koppie melk betaal het sodat 'n paar van ons kon tee drink in ons kamer! Amptelik staan Jordanie bekend as die Hashemite Kingdom of Jordan. Die hoofstad is Amman. Ons vlieg oor twee dae van daar af uit na Istanbul en dan SA. Daar is net drie siviele lughawens in die hele land. Toe ons vir George vra hoeveel inwoners hulle het, kry ons 'n baie diplomatiese antwoord: daar is 8 miljoen inwoners, maar met baie vlugtelinge van orals wat ook hier woon.  Hulle is 'n monargie waarvan Koning Abdullah die tweede tans Koning is.

George is ook 'n goeie toergids net soos Dawied. Hy vertel graag van sy land en maak seker dat almal in die bussie hoor en verstaan wat hy wil oordra. Ons stop by 'n uitkykpunt of twee en halfpad vir 'n toilet. Ons sak vandag meer as 'n duisend meter na die Dooie See. Hier waar ek nou sit en tik is dit die laagste punt op aarde op 429 meter onder seevlak.


Ons kry elkeen so 'n kaart by George en ek het 'n stukkie van hom afgeneem. Ons ry van Al-Batra (Petra) af (links onder) tot aan die bo-punt van die Dooie See bo Amman. Hulle noem die Dooie See ook die Sout See. Ons sien ook vanoggend vanuit die bus die plek waar Aaron begrawe is op die Berg Hor. Gister was ons in die dorpie wat hulle Moses City noem omdat dit is waar Moses op die rots geslaan het in plaas daarvan om met die rots te praat en daarom sy ingang in die beloofde land kwyt was. More gaan ons na die berg Nebo toe waar Moses die beloofde land van bo af kon sien.

Buitelyn kaart van Jordanie met al sy buurlande. 

Tannie Dot Furstenberg is 'n fees om mee saam te toer. Sy het 'n wonderlike sin vir humor en daar is altyd tyd vir 'n grappie. 

Ons knusbus. 

Ons het geoefen om die kopdoeke te vou, maar ons busdrywer, Wasdee, moes inspring en help. 

Kyk hierdie mooi blou breekware! 

Jordanie se vlag.

Wasdee se pragtige handewerk. Die model is Mona Scheepers van Fouriesburg. 

Ons stop langs die pad toe ons by seevlak verbygaan. En toe is dit nog 28 km na ons bestemming teen die see. 

Wasdee en Mona 

Oppad om te gaan swem in die Dooie See. Iets waarna ons lankal uitsien. 

Die modder uit die Dooie See is blykbaar baie goed vir jou vel, so ons het nie op ons laat wag nie. 


 


En toe sak ons in die warm swembad in jacuzzi in. Ons het darem eers die modder afgewas. 

Ons moes darem die ouetehuis ook afneem. Man en muis het vandag geswem. Selfs tannie Joyce op 85 jarige ouderdom. Ek haal my hoed vir haar af. 

Wonderlike tye! Wens ons was langer hier.

En so bring ons die middag deur. Luilekker! 

Ons hotel. 

'N Modder affere!

Nou net wag om droog te raak...

Lekker man, lekker!! 

Met hierdie sonsondergang kom 'n heerlike pretdag tot 'n einde. 

Die voorportaal in ons hotel met vars orgidees.
Groete tot more!! Ons toer is amper verby. Maar dit was elke dag anders, elke dag opwindend en so die moeite en geld werd.


No comments:

Post a Comment