Friday, March 20, 2015

Eilat! Wat 'n verrassing!

Eilat is die speelplek van Israel. Amper bietjie soos Las Vegas in Amerika, maar sonder die dobbel. Hier is die mooiste hotelle! Met rye en rye en rye rooi malvas. En baie skoon.


En toe is ons akwarium toe met hulle unieke 'observation tower' waar ons in 'n vistenk is en die visse op die rif in hul natuurlike habitat dophou. Dit was regtig vir my 'n belewenis en die mooiste koraalrif wat ek al ooit gesien het. Natuurlik kom die foto's nou nie uit soos mens dit gesien het nie. 



Die observasie toring in die rooi see. 







Hier neem jy jouself af by 'n masjien en dan verskyn jou foto in n bubble op die groot skerm. 


Uit die toring oor die rif. 


In die haaitenk is hierdie tonnel waar jy onder die visse deurloop.





En toe is dit venster-wasdag.


Eilat is pragtig! 


Hulle juwele is uniek. 


Grappies in die akwarium.


Kyk hulle dromme!


By die reuse skilpadpoele.


My Pa en Ma het nie ver gevorder op hierdie perdjie nie. 
En toe slaan ons die winkels! Hulle Mall is klein, maar interessant. 


Surita moes selfs 'n nuwe tas koop om al hul goed in te kry. Hier staan haar Ma, tannie Joyce, by hom. Ek en Corne het ons voete in 'n vistent laat sak vir 20 minute sodat die vissies die dooie velletjies afvreet. Dit voel kielierig, maar was baie effektief! 

Hier swem ons hele familie in die Rooi See. Die water is heelwat souter as by ons. Wat 'n voorreg!



No comments:

Post a Comment