Saturday, March 14, 2015

See van Galilea, Kapernaum, Tabgha, Sipporis

Ons dag begin vroeg met n heerlike ontbyt. Die hotel probeer al sy kliente tevrede hou en dit beteken geen vleis by ontbyt en geen melkprodukte by aandete. Ons kry wel hardgekookte eiers by die ontbyt. Ons kry mekaar 07:10 in die voorportaal en is so naby die see van Galilea dat ons sommer stap na die boot toe. Ons vaar na die noordelike oewer van die see waar ons bus ons kry. Die bootrit is n besonderse geestelike ervaring. Toe ons opklim hys die kaptein die SA vlag en speel ons volkslied oor die luidsprekers. Ons sing hartlik saam. Tiberias is n baie mooi gesig van die see af. In die middel sit die kaptein die boot af en ons lees Matt 8:23-27 waar Jesus die storm stilgemaak het op hierdie see. Ons bid en sing en geniet die teenwoordigheid van die Here. Later vaar ons verder en word ons ingelyf in die Joodse musiek en danspassies deur die skeepskaptein en ons gids Dawied. Ons like hom baie!

 Die sonsopkoms uit ons kamervenster in die Caeser Premier Hotel in Tiberias. Pragtig!
Tannie Joyce Swart is die oudste toerlid saam met ons. Sy is 85 en n bok vir sports en game vir alles. Ons toer lekker saam met haar. Hier gooi sy n Titanic pose op die boot. 
Ek wou nou nog baie fotos vir julle oplaai, maar nou is my webalbum eers vol en moet ek n ander plan probeer maak. 

Die hoogtepunt gister was Kapernaum. Ek het die baie geniet om te sien hoe Simon Petrus se huis kon gelyk het. Hier het Jesus hom gevestig en het hy baie wonders gedoen. Hier is baie toergroepe uit verskillende lande en later staan ons langs n stuk gras waarop bome is. Onder elke boom sit n ander land se groep en sing en lees uit die Bybel. Ek luister na die Italiaanse weergawe van n aanbiddingslied wat ons ook baie sing, en dit voel soos n stukkie hemel.

Nou is ons eers weer oppad. 


Geniet julle dag. Ek weet ek gaan.


No comments:

Post a Comment