Wednesday, March 18, 2015

Die Bybel in 3D

Toe ons vanaand nabetragting hou, se my sussie Corne dit baie mooi: van nou af sal ons ons Bybels in 3D lees! Dis asof alles voor jou opstaan as jy dit eers gesien, geruik, gehoor, gevoel en beleef het. Nou het ek 'n prentjie van die Kidron vlakte, die stadsmure van Jerusalem, Bethlehem, Jerigo, en noem maar op.

Laatmiddag is ons by die ou stad van Dawid. Dit is die gedeelte van Jerusalem wat bestaan het toe Dawid en sy manskappe die stad ingeneem het.  Hier kyk ons 'n regte 3D film oor die Stad van Dawid. Toe ons wag om in te gaan, kom 'n groot groep Amerikaners uit. Ek vra vir die mense of die film goed was en die eerste drie beaam en knik. Net daarna kom daar 'n man met 'n goeie sin vir humor en verklaar dadelik: die Boek is beter! Ek is seker in hierdie geval, soos met die meeste flieks wat gemaak word van 'n geliefde boek, is die Boek verseker beter.  Maar laat ek by die begin van die dag begin...

Ons eerste stop vanoggend is Bethlehem. Dit val in die Palestynse gedeelte en ons gaan deur 'n sekuriteitsgebied en kan duidelik die spanning in Dawied aanvoel. Vir die eerste keer is hy kortaf met ons. Hy mag nie hier die toergids wees nie en ons kry 'n plaaslike Palestynse toergids in Bethlehem wat goedgekeur is deur die Palestynse regering.




Hierdie foto wys omtrent alles wat oor is van die skaapwagtersvelde buite Bethlehem. Hierdie stad het 40 000 inwoners vandag en is slegs omtrent 15 km van Jerusalem gelee. Op die foto bo sien 'n mens ook duidelik die pad en heinings tussen Israel en Palestina.
By die ingang van die Palestynse gebied is daar n bord op wat se dat dit gevaarlik kan wees vir Israelies. Dit is n interessante tyd om hier te wees, want hulle verkiesing was gister en die uitslae is bekend en die party van die huidige Eerste Minister het weer gewen en hulle is sterk gekant teen 'n afsonderlike Palestynse staat.



Ons kry elkeen 'n beurt om op geskiedkundige plekke uit die Bybel te lees oor wat daar gebeur het. My beurt was by die bergrede. Vanoggend is my Ma aan die woord en lees sy uit Luk 2 waar die engele aan die skaapwagters verskyn het in hierdie gebied en die engele menigte gesing het. Dit moes 'n pragtige gesig gewees het. 



Bo en onder is fotos van die Geboortekerk in Bethlehem. Hier kry ons 'n groot groep Indonesiers en hulle sing vir ons 'n lied in die kerk. Daarna bied ons aan om vir hulle te sing  en sing baie lekker in die mooi akkostiek. Na ons val 'n groep van Poland in. Die lekkerste is dat dit alles bekende wysies is wat die verskillende lande sing.





Die Nativity Church in die middestad van Bethlehem, is die oudste oorblywende kerk wat steeds ingebruik is. Toe die Turke die stad ingeneem het, het hierdie kerk bly staan omdat daar op die voorkant 'n mosaik was van die drie wyse manne uit die Ooste en hulle dit herken het en uit respek het hulle dit nie ook verwoes nie. 





Hierdie stuk mosaik vloer dateer uit die vierde eeu na Christus. Hierdie is die enigste kerk wat behoue gebly het toe Jerusalem verwoes is in 66 na Christus.




En toe shop ons! Die Christinne in Bethlehem het 'n skrynwerkersbedryf met 'n winkel waar olyfhout-produkte en ander goed verkoop word. Ons kry ruim tyd om hulle te ondersteun.



Hierdie ster is opgesit op die plek waar Jesus gebore is.


En toe is ons na die Holocaust Museum in Jerusalem, 'n Ervaring waarvoor ek nie min genoeg woorde het om hier te beskryf nie. Angswekkend wat alles in die verlede in die naam van christenskap gedoen is.


Die childrens Memorial by die Holocaust Museum.


Hierdie kinderhuis vader wou nie sy kinders los nie en is saam met hulle vermoor. 




Die verkiesingsuitslae in vandag se koerant. 


By die Israel Museum is 'n pragtige mini world gebou op 'n skaal van 1:50. Regtig indrukwekkend, 







Ek en my twee susues Santie en Corne by die minitown.

Hierdie spuitfontein is in die vorm van n erdekruik se deksel. Dit is die museum waarin die oorspronklike boekrol van Jesaja uitgestal word wat in 1949 ontdek is. 

Jerusalem se parlementsgebou. 

Ingang na die ou stad van Dawid. 

My ma en Santie met hul 3D brille op, reg vir die film.

Wees dankbaar vir Eskom!,



In die ou stad van Dawid is daar die water tonnels van Hezekiel. Dit is 'n ingenieurswonder en baie daarvan is tot 3000 jaar oud. Ons kruip deur al die gate en bekyk alles! 

No comments:

Post a Comment