Thursday, March 19, 2015

Masada en Qumran

Vandag het ons 'n af dag! In Eilat. Dit is heel suid in Israel en 20 minute se ry van die Egiptiese grens af. Ons sal vandag ook so 'n stukkie deur Egipte ry net om te se ons was daar!  Ons moes vanoggend kon laat slaap, maar my kamermaat se wekker was per ongeluk steeds gestel vir 05:00, en nou sit ek kiertsregop in die voorportaal van die hotel en wag dat die ander wakker word. Maar dit gee my tyd om blog te skryf...

Ek moet darem se dat dit een groot plesier is om in hierdie hotel se voorportaal te sit.

Dit is ons uitsig uit kamer 907!



Crown Plaza in Eilat. Eilat is Israel se enigste regte hawestad vir handeldryf en hier gebeur baie. Soos julle kan sien, word hier ook baie gespeel!



Maar ek wil vanoggend eers twee dae terug gaan. Terug na die Holocaust Museum in Jerusalem. Dit het my diep geraak. Veral die aanhaling van Martin Niemoller. Hy was 'n protestante pastoor wat aanvanklik die Duitsers gesteun het. Hy het gese:

In Germany when they came for the Communists, I didn't speak up. I was not a Communist. 

When they locked up the social democrats, I remained silent. I wasn't a social democrat. 

Then they came for the Jews and I didn't speak up because I was not a Jew.



When they came for me, there was no one left to speak out. 


Gister besoek ons twee plekke wat my baie diep raak. Die eerste is Qumran. Hier het twee bokwagtertjies in 1949 die oorspronklike 'Dead Sea scrolls' ontdek in 'n grot. Hulle het klippe gegooi na die grot om 'n bok daar uit te kry en hoor toe n kleipot breek. Qumran is 'n argeologiese terrein in die Wesbank wat baie geheime verklap van hoe n spesifieke sekte jare terug gelewe het. 




So het die kleikruike gelyk waarin hulle die boekrolle weggesteek en bewaar het. 


Die grotte rondom Qumran.




Kyk net waar loop hierdie bokke! 




Op pad na Qumran doen ons aan by 'n stalletjie waar alle besoekers 'n pennetjie in 'n wereldkaart kan druk om te wys waar hulle vandaan kom. Piketberg, julle is op die map! 




Hierdie Arabier wou Corne as 'n vrou vat en vra 5 shikkels as jy op die kameel wil sit. Ons het maar net gese sy het 'n man in SA en onsself uit die voete gemaak.
En toe is ons oppad na Masada. 'N Besoek wat ek lewenslank sal onthou. Masada is 'n ruwe natuurlike fort in die Judeuse woestyn wat uitkyk oor die Dooie See. Dit is hier waar die laaste Jode weggekruip het vir Romeinse oorheersing en in 73 nC hulself vermoor het om nie onder Romeinse slawerny te val nie. Op die noordelike punt van die berg het Herodes vir hom 'n paleis gebou en opgrawings het baie hiervan blootgele wat ons kon besigtig. Daar is baie mense wat die 460 meter hoe berg klim, maar vandag is ons groep in 'n kabelkarretjie. 'N Mens kry pragtige uitsigte oor die Dooie See van bo af. Wat my veral beindruk is die stormwal wat die Romeine in drie maande gebou het om teen die berg op te kom om die Jode te oorrompel. Daar was tussen 10000 en 15000 Romeinse soldate. 








 Hier het ons toergids vir ons die Priesterlike seen gegee uit Numeri 6 in Hebreeus.

Ons sit nou aan die ontbyt tafel en is oppad na die akwarium in Eilat. Praat met julle later. Geniet Menseregtedag.






No comments:

Post a Comment