Thursday, March 12, 2015

Israel toer Maart 2015

Israel was vir baie lank nie regtig op my bucket list nie. Ek weet nie regtig hoekom nie. Maar een ding het ek altyd geweet: as my Pa en Ma ooit weer n toer Israel toe vat, is ek by.

En toe is dit ook nie net ek wat so besluit het nie, maar ook twee van my vier sussies, Corne en Santie. Ek sien baie uit daarna om saam met hulle te toer.

Terwyl ons in Dolce koffiewinkel sit op Kaapstad Internasionaal, kom ons President met sy bodyguards op die aanloopbaan aangery waar hy op sy privaatvliegtuig klim. My jongste sussie is baie skerp en toe sy die foto sien merk sy op dat dit lyk of ons ook nie n kansie kon kry om vir hom n vragie te vra nie! 😀


N heerlike koppie earl grey tee voordat ons vlieg. Ek het n venstersitplek op 32K. Sedert ek die bloedklont in my linkerbeen gehad het in 2010, is vlieg effe moeiliker, met medikasie, maar ek geniet dit steeds. 

Hierdie pragtige standbeeld uit draad en kralletjies van Madiba, staan aan die vliegtuig se kant van doeane in Kaapstad. Ons vlieg met Turkish Air en stop in Johannesburg, maar laai net mense op. Ons bly op die vliegtuig.

Vyf Lindes op toer! Wat n voorreg. Andries, Christa, Braam en Elna, ons mis julle.

Tatta Tata.

Ek skryf en vertel verder sodra ons wifi het. Sterkte met elkeen van julle se eie reise. Mag daar ook baie eerstes wees. Hierdie toer se tydsberekening is baie goed, want ek het hierdie jaar begin met Bybelskool saam met die NGKerk


No comments:

Post a Comment