Die moeilikste ding vandag was om te onthou om diep asem te
haal. Alles gebeur absoluut gelyk. Ek kan nie dink dat ek ooit gedink het 2019
was ‘n moeilike jaar nie. En dit was.
Maar hierdie is op ‘n ander plato wat ons nog nooit op enige skaal
beleef het nie. Selfs toe ons 17 dae se water oorgehad het in drie dorpe van
Bergrivier Munisipaliteit in April 2017, was die kyk van wanhoop nog nooit so
duidelik sigbaar in ons gemeenskap se oë soos nou nie. Ek kyk lankal nie meer in ‘n spieël
nie. Te bang vir wat ek in my eie oë sal sien.
Hoe “pace” ‘n mens jouself in hierdie tyd? Dis almal se goedbedoelde raad. Ek verstaan dit. Die “peak” kom eers in
September en ons moet nog momentum oorhou om daar te kom. Dis makliker in ‘n groot stad waar baie
hulpbronne is. In die platteland het ons
nie ‘n Departement van Arbeid waarheen mense kan gaan as hulle sukkel om UIF te
kry nie. Hulle kom Munisipaliteit toe.
Hier is nie internet kafees waar bekommerde ouers kan gaan aanklop om te
smeek vir ‘n laptop waarop hul kinders kan skool gaan nie. Hulle kom
Munisipaliteit toe. Hier is nie een van
die 92 voedingskemas van die Departement van Sosiale Ontwikkeling nie. Hulle
kom Munisipaliteit toe. Staan in onhanteerbare lang rye voor raadslede se huise
en smeek vir kos, spring voor jou motor in as jy ry om sop op of af te laai en
almal se oë
sê
presies dieselfde ding: help ons. Ek het
vandag ‘n kort draai deur die dorp gery om ons drie vullistrokke te gaan soek
om vir die aanhouers iets te ete en te drinke te vat. Ek het gewens ek kon die
masker oor my oë ook trek.
Die tsunami van e-posse en whatsappe is ondoenbaar. Ons hou
nie by nie. Ons rapporteer uurliks en daagliks aan Joint Operating Centres op
Distriksvlak, Provinsiale Vlak en Nasionale Vlak. My PA gaan deur die e-posse
en sit vir my net die goed waarna ek dringend moet kyk in ‘n aparte inbox vir
elke dag. En ek sit kop neer en staan nie op voordat vandag s’n nie klaar is
nie, want more is die volgende inbox vol.
Vir elke verandering wat die President of enige Minister aankondig, bel
dieselfde vlaag van 1000 mense om te hoor hoe hulle nou die Regulasie moet
interpreteer. En niks is klinkklaar nie.
Niks nie. Ek spandeer ure op ‘n
dag met my neus in my rekenaar en die res op my knieë.
In elke brief wat uitgaan moet jy opgewek klink en mense motiveer, want
almal is oormoeg. Op 27 Maart het ek ‘n
aantekening in my boek gemaak dat ek op 18 April (wanneer alles verby is) ‘n
week verlof gaan vat. Ek is iemand wat
altyd iets moet hê om na uit te sien.
Dit het my deurgedra. Hoe naief was ek nie.
Die segsman aan die woord.
'n Netjiese spulletjie!
Meals on Wheels.
Daar is baie ligpunte ook in die dag. Vandag kom Meals on Wheels
weer op hul twee-weeklikse rondte en gee vir ons wonderlike rantsoene om die
haweloses mee te voed.
Ek kom agter dat Jeremy en Abe baie streke besoek en kos aflaai by vrywilligers, maar nooit die mense ontmoet wat baat uit die kos nie. Ek vra of ek hulle gou Rhinopark toe kan vat waar 43 van ons haweloses in Piketberg tans bly. Hulle is lus en volg my soontoe.
Ek bel gou vir Moshwin wat daar in beheer is namens die sportraad en 5 minute later stap ons in. Dit is almal mans wat tydelik daar bly. Die saaltjie in ongekend netjies. Daar staan ‘n pot vars tuinblomme wat ‘n Tannie gebring het sodat hulle kan aanhou om die mooi in die lewe te sien. Die tafels is in ‘n perdehoef gepak met die matrasse om die kante. Op die tafels is die koerant, legkaarte, domino’s en ander speletjies geskenk deur ons biblioteekdiens. Die beddens laat my dink aan my tyd in die weermag. Almal kraakvars opgemaak soos voor inspeksie. Ek vra wie is so agtermekaar en kwaai met hulle en die klaskaptein-tipe word gou uitgewys. Ek stel hulle voor aan Jeremy en Abe en vertel hoekom ons hier is. Dit word spontaan gevolg deur ‘n deeglike handeklap wat die Proteas op Nuweland sou geniet het na ‘n goeie wen. ‘n Segsman staan op en kom doen die woord namens die span. Kort en kragtig en dankbaar en dierbaar. In die middel van die vertrek staan ‘n houtkruis met ‘n doring-kroon op en ‘n verblykte stukkende rooi lap. Dit was hul verhoog-prop uit hul Paasfees konsert. Die kruiswoorde is opgeskryf op ou stukke karton en opgeplak langs die tydelike reëls van die sentrum. ‘n Netjiese bedryf. Ek wonder hoe hulle ooit weer tevrede gaan wees met die treinbrug, maar dit is post-lockdown se probleem. Nou trek ons hulle eers net deur.

Die absolute hoogtepunt van my dag was tweerlei: Ons virtuele uitgawe van die Piketberger kom uit. Marietha en Barbie se Lockdown uitgawe is skitterend. Ek soek 'n hardekopie in kleur om as 'n trofee te bere. Gaan google gerus Die Piketberger en lees saam met ons.
Die tweede hoogtepunt is vriend Gert se oproep met hartstories en sy wenner karringmelkbeskuit-resep.
Daar is die wat kritiseer en kla ook. Dit is altyd so. Ek onthou toe ons
Kilimanjaro gaan klim het in 2005 hoe kinderlik opgewonde ons was oor die
matrassie wat in elke tent aan ons gegee is die eerste aand, want gewoonlik
slaap ons op die grond op sulke uitstappies.
Teen aand drie het ons begin kla en teen aand vyf was ons gereed om ‘n
rewolusie te lei oor die onreg wat ons aangedoen word oor die matrassies so dun
is. Dis menslik! Ons glans verwelk gou.
Dis ook deel van ons rou-proses tans. Ons afskeid van die bekende. Die fases van woede en ontnugtering en opstand
wat hulself afspeel in ons gemoed. Dis normaal.
Een van die kassiere by die groothandelwinkel waar ek die
vullistrokmense se eet en drink wou koop, weet ek werk iewers in ‘n posisie by
wie sy kan kla en pak uit! Sy is nie
seker watse posisie ek presies in werk nie en maak seker sy cover al die kante.
Hulle moes self vir hul maskers betaal. Hul handreiniging maak haar naels sag
en haar vel skurf. Hulle skofte is te lank en waar kan sy nog gaan kla, vra
sy. Ek pak later self my goed in ‘n sak
en loop sonder ‘n woord. Selfs een van
die haweloses hardloop vanoggend agter my motor aan om te kom sê
die pap was nou die oggend ‘n halfuur laat! Hoe laat het julle pap gewoonlik
onder die brug gearriveer? vra ek, maar gelukkig verstaan hy te min Afrikaans
om die blatante sarkasme op te tel.
Later lag ek en die twee oormoeg vrywilligers wat die kos maak, uit ons
maag uit. Van skok en sommer net om te keer dat ons kwaad word. By hulle hekkie
staan die rye onophoudelik. Ek moet my motor ver onder die afdak intrek dat
niemand sien ek laai kos af nie.
En dan, net voor alles te veel word, kry mens weer boodskap
op boodskap van mense wat laat weet dat hulle bid en my Ma bevestig “julle is
in die Here se hand.” Dis ‘n waarheid
wat ek soos ‘n mantra fluister deur die dag: Die gebed van ‘n gelowige het ‘n
kragtige uitwerking. My sussie se matriekseun leer homself kitaar speel soos
wat my oorlede swaer so goed kon doen en hy sing “Don’t worry about a thing....” Dit klink makliker as wat dit is.
Hoe sou ons ooit hierdie oorleef het as ons een
oomblik buite die hand van die Here was? Nooit nie.
Amen! En dankie.
ReplyDelete