En daar het Bergrivier ons eerste bevestigde positiewe
COVID-19 geval. Presies ‘n maand in
Lockdown in. Op Vryheidsdag. Die protokol wat gevolg moet word is boeke vol en
hou glad nie tred met die werklikheid nie.
In Kaapstad is dit miskien moontlik om so iets vertroulik te hanteer en
om nie die persoon se naam en adres bekend te maak nie. Nie op die platteland nie! Hier weet almal reeds vir twee dae wat
aangaan en ken hulle die persoon se agter-oumagrootjie se nooiensvan. Dis moeilik om die protokol by die
werklikheid uit te bring. Ek kies ‘n
oorweegde risiko midde-weg en word onmiddellik deur die Hoof van Kommunikasie
van Provinsie daaroor aangespreek. Rooi-tapyt!
Ons mag nie die dorp bekendmaak nie.
Hallo! Almal weet dit reeds. ‘n Lid van die publiek het selfs dit op
homself geneem en met ‘n bakkie deur die strate gery en met ‘n megafoon aangekondig dat ons ons eerste positiewe geval het. Ure voordat die embargo op die inligting
gelig is in Kaapstad. Ons wifi mag
stadig wees, maar ons nuus trek met die spoed van wit lig.
Gisteraand het ons ‘n baie lang vergadering tussen al die
Munisipale Bestuurders in die WesKaap en die Hoof van die 14 Provinsiale
Departemente. Dis ‘n baie noodsaaklike gesprek oor die nodigste goed. Ons begin met ‘n Gesondheids-briefing deur
die HOD. Daar sal van môre
af ‘n lewendige dashboard wees met die totale gevalle in die WesKaap, die
totale getalle van mense wat herstel het en die positiewe gevalle afgebreek tot
op dorpsvlak. Ja, hulle mag dit
bekendmaak. Dit is net die Munisipale Bestuurder in ‘n Munisipaliteit wat dit
nie mag sê
nie. Julle is reg. Ek weet ook nie hoekom nie. Terwyl die wêreldgetal nou oor die 3
miljoen gegaan het vroeg vanoggend, gee ek weer bietjie getalle hier deur sodat
ons in die toekoms sal kan weet waar ons op hierdie stadium (‘n maand in
lockdown in) gestaan het.
Soos ek nou hier tik staan die wêreld op 3, 044, 897 bevestigde
positiewe gevalle met 210 273 mense dood.
Dit is 6,91%. In SA is daar nou
4546 bevestigde gevalle met 87 mense dood.
1618 van hierdie positiewe gevalle is in die WesKaap en 32 van die
sterfgevalle. Die sterfgevalle in die WesKaap is 1.97% van die getal
bevestigde gevalle. In die hele SA is
die sterfgevalle as ‘n % van die aantal bevestigde gevalle 1,91%. Ons kry ‘n video van die WHO waar SA
spesifiek gelukgewens word vir ons leierskap en hantering van die siekte. Ook ons Stedeband vennoot uit België
korrespondeer met my en wens ons geluk met ons deeglike inligting en
openhartige kommunikasie met ons publiek (hulle hou dit dop via Facebook) en sê
dat dit ongelukkig nie by hulle die geval is nie. Bykans 'n miljoen van die 3 miljoen bevestigde gevalle is in die VSA. Hier sal 'n mens ook seker iets moet se oor die leierskap.
Ander interessante inligting uit die Gesondheidsgesprek is die
twee nuwe hotspots in die WesKaap naamlik Khayelitsha en Ceres. Ek kan nie help om te dink aan die video van
die jeug wat die eerste nag na lockdown in die strate van Khayelitsha gedans
het om te wys dat hulle hulle nie sal laat voorsê nie. Die Premier maak vanmiddag bekend dat
Khayelitsha 158 positiewe gevalle het en reeds ‘n veldhospitaal vereis.
Die beste scenario-voorspellings wys dat die peak ons nou einde
Augustus behoort te bereik en dat die 12 – 18 maande kan vat om by vlak 1 uit
te kom. Ons bespreek ook
doodsbegeleiding en die hantering van massa-verlies in die land en hoe ons dit
gaan hanteer in ons gemeenskappe.
Die kwarentyn en isolasie fasiliteite lok ook baie gesprek
uit. Die Departement van publieke werke
lei die gesprek en die HOD daar is baie goed georganiseerd. Ons werk met elke
spesifieke distrik op hul eie manier want elkeen se behoeftes verskil. Die
operasionele handleiding kom môre uit en ons moet dit bestudeer en insette
gee. Waar sal ek nog tyd daarvoor ook
vind, wonder ek. Gelukkig is dit die
stoof wat self die sop maak. Ek is nou by 262 liter sop sedert verlede Saterdag
en wonder of ek ooit weer sop sal eet in my lewe. Toe ek en Elizan oorsee getoer het net na
Universiteit het ons onder die broodlyn geleef en meeste dae net ‘n pakkie
kitssop en ‘n granola-bar geëet. Beide vat
ek nou nie aan nie. Ook Weetbix is
lewenslank verban uit my kas, want Bokomo in die Paarl het grootmaatsakke vir
goedkoop verkoop en net soos ons gedink het nou het ons uiteindelik ‘n sak
deurgewerk, bring my Ma die volgende een by die agterdeur in. Nooit weer nie.
Die ander belangrike onderwerpe tydens die vergadering handel oor
die Humanitarian Response. Provinsie se R16,2 miljoen is oorbetaal en elke
Munisipaliteit is besig om aankope te doen en sal aan die einde van hierdie
week kan begin kospakke uitdeel aan die wat dit die nodigste het. ‘n Groot
kwessie is die veiligheid van kos. Nie
voedselsekuriteit nie. Ek het ook eers
so gedink. Nee, hoe om die voedsel
veilig te hou teen diewe en stropers en die vrot aartappels in elke gemeenskap.
Ander onderwerpe sluit in die skole se wanneer, hoe, wat en waar, Veiligheid en
die ontplooiing van die 73 000 weermagpersoneel wat nou opgeroep is, die
kwesbaarheid van polisiestasies (8 van die 151 polisiestasies in die WesKaap is
reeds toe agv COVID-19 verspreiding. Ons
bespreek ook water, sanitasie, backyard dwellers, die installasie van die geskenkte
watertenke, die ekonomie en vele meer.
Daar was selfs tyd vir ‘n bietjie humor.
Soos altyd in goeie geselskap in SA.
Die vlak 4 besigheidstoelatings is nog oop vir insette vanaf die publiek
en die eerste inset wat verkry is, was van die Poedel Bad Paleis in Kaapstad
wat ‘n hewige argument voer oor hoe essensieël hulle is. Ons drie vroulike Munisipale Bestuurders saam
met die vier vroulike HOD’s wou nog iets sê, maar ons manlike kollegas spring
ons voor en stel voor dat haarkappers en skoonheidsalonne darem seker voorkry
sal kry lank voor poedels gebad en gegroom word.
‘n Ander ding waaroor ek lank dink die afgelope week is die reg op
menswaardigheid wat elke mens in SA se grondwet het.
Een van ons kollegas by die Rampbestuursentrum het hierdie ding weer in my getrigger. Tydens ons DCF (District Coordinating Forum) verlede Donderdag stel hy voor dat ons seker maak dat daar nie “double dipping” gebeur met die uitdeel van die kospakkies nie, deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie se beproefde metode te gebruik van jou regterduim met ink te merk. Op die oog af mos nou ‘n stunning plan. Die familie ontvang ‘n kospakkie en ons merk almal in die familie se duime met ink en vola! Ek skrik vir die wrewel wat in my opwel en ek moet my inhou om my beurt af te wag om iets te sê. My mentor in Sosiale Ontwikkeling, Tannie Audrey van Wyk, van Stellenbosch het my baie dinge geleer en een daarvan is hoe om altyd op te kyk na die mense wie jy dien en nooit nooit nooit af te kyk na hulle nie. Om aan ‘n Nasionale Verkiesing deel te neem is iemand se trots en die ink op jou duim raak ‘n trofee wat baie mense fotos van geneem het en op sosiale media versprei het om te wys dat hulle deel is van iets groters. Vir ‘n Pa (of ‘n Ma) wie se instink dit is om vir hul familie te voorsien en wat nou bakhand moet gaan staan omdat hy of sy hul vermoë verloor het om te voorsien, is hierdie nie ‘n trofee oomblik nie. Dit bring trauma. Skaamte en kopsak. Die ink sal hul ontneem van hul laaste bietjie menswaardigheid. Daar is so baie goed om aan te dink in hierdie tyd.
Een van ons kollegas by die Rampbestuursentrum het hierdie ding weer in my getrigger. Tydens ons DCF (District Coordinating Forum) verlede Donderdag stel hy voor dat ons seker maak dat daar nie “double dipping” gebeur met die uitdeel van die kospakkies nie, deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie se beproefde metode te gebruik van jou regterduim met ink te merk. Op die oog af mos nou ‘n stunning plan. Die familie ontvang ‘n kospakkie en ons merk almal in die familie se duime met ink en vola! Ek skrik vir die wrewel wat in my opwel en ek moet my inhou om my beurt af te wag om iets te sê. My mentor in Sosiale Ontwikkeling, Tannie Audrey van Wyk, van Stellenbosch het my baie dinge geleer en een daarvan is hoe om altyd op te kyk na die mense wie jy dien en nooit nooit nooit af te kyk na hulle nie. Om aan ‘n Nasionale Verkiesing deel te neem is iemand se trots en die ink op jou duim raak ‘n trofee wat baie mense fotos van geneem het en op sosiale media versprei het om te wys dat hulle deel is van iets groters. Vir ‘n Pa (of ‘n Ma) wie se instink dit is om vir hul familie te voorsien en wat nou bakhand moet gaan staan omdat hy of sy hul vermoë verloor het om te voorsien, is hierdie nie ‘n trofee oomblik nie. Dit bring trauma. Skaamte en kopsak. Die ink sal hul ontneem van hul laaste bietjie menswaardigheid. Daar is so baie goed om aan te dink in hierdie tyd.
Daar
is nog baie sulke skoolgeld-oomblikke.
Snaakse dinge ook:
Hierdie bakkie laai ek by een Tannie op wat laat weet sy het ook
bakke vir die sop.
Nothing Dad, I just
smiled.
‘n Ander ligpunt in my dag is die hawelose mense in
Piketberg. Hulle doen vanmiddag kuns en
maak draadkarre. Elke dag word drie
gemaak en ek is genooi om Vrydag die beoordelaar te wees by die groot resies.
Ek borg ook die eerste drie plekke se pryse. Dit sal sjokolade van allerhande
aard wees en is groot in aanvraag. Wie
weet, miskien hou ons ‘n Bergrivier toernooi aan die einde van Lockdown tussen
Velddrif, Porterville en Piketberg se hawelose-draadkarre!
Ek het nou al 32 pare bedsokkies gebrei in Lockdown vir Steinkopt in die Noordkaap.
Net in die tyd wat dit my gevat het om hierdie blog te skryf, is 960
mense dood aan COVID-19. Dis erg om dit so grafies te sien.
Mag Vryheidsdag ons ook altyd herinner aan die Ware Vryheid wat
nie net demokrasie insluit nie, maar die Ewige Lewe wat nou reeds in Lockdown
begin het vir ons wat glo.
Kom ons leef soos mense wat weet dat ons waarlik vry is...
Lief vir julle, Hanlie
No comments:
Post a Comment