Monday, December 19, 2016

Rus, rus en pinakolada

Cuba: Dag 2:
Van duik op die rif en boogskiet op die strand het daar niks van gekom nie. Die wind waai lekker en Elizan en Daniel vind vir ons 'n gesogte afdak langs die swembad met 'n dubbelbed met dik matrasse. En daar val ons neer vir die dag. Elkeen het 'n boek en ons lees-sessies word net onderbreek deur slaap-sessies en af en toe swem kroeg toe vir 'n pinakulada. Daniel speel sokker en Matthys deel in die pret. Net genoeg om hom so styf te maak dat hy vanaand sukkel om te beweeg. Middagete probeer ons die southern fried chicken terwyl M en D aansit vir lamstjoppies by die buffet. 

Vandag het heelwat minder treë opgelewer. Net 12567. Ons eet by 'n wonderlike seekos restaurant by die see. Hoe gelukkig kan een mens wees? Garnale vir voorgereg en kreef vir nagereg. Later stap ons swembad toe vir 'n baie goeie water ballet vertoning. Dit is uitstekend en ons vergaap ons aan hul buigbare lywe en uitstekende danspassies in die water. Matthys bied aan om my en Elizan ook môre so sierlik rond te gooi in die swembad! 
Vanaand gaan ons lekker slaap! Stil tevrede en diep onder die indruk van ons seëninge. 

Lekker slaap almal. Geniet die groot dae, waar julle ookal is. 













No comments:

Post a Comment