Ons het lekker gevlieg. Die sitplek langs my was oop en ek het 'n slaappil gedrink saam met 'n gin en tonic by aandete. Die slaap was aan en af, want die tannie oorkant die pad is 'n diabeet sonder beheer en die bemanning gee vir haar suurstof deur die nag. Omtrent 'n gewoel met suurstoftenks en maskers.
Toe ons begin daal vir die landing in Accra, kom die vlieenier oor die interkom en sê dat Accra lughawe tans toe is as gevolg van digte mis en dat ons sal sirkel bo die lughawe totdat ons kan land. Ons begin sirkel. Ek verloor tred met die aantal rondtes, maar later besluit die vlieenier ons het nie genoeg brandstof om verder rondomtalie te speel nie en moet uitwyk na Abidjan in
die Ivoorkus. Dit is 859 myl sê die kaart op my skermpie. Ons wyk uit en land in Abidjan. Ek was nog nooit in die Ivoorkus nie. Ghana ook nie, vir wat dit mag werd wees. Aanvanklik bly ons op die vliegtuig en wag vir instruksies. Vier ure gaan traag verby en af en toe kry ons verdere inligting. Die digte mis is toe nie mis nie, maar 'n sandstorm oor die hele Wes-Afrika. Na vier ure word ons gevra om die vliegtuig te verlaat. Dit is versengend warm! Die diabeet tannie kry weer suurstof vir die skok.
die Ivoorkus. Dit is 859 myl sê die kaart op my skermpie. Ons wyk uit en land in Abidjan. Ek was nog nooit in die Ivoorkus nie. Ghana ook nie, vir wat dit mag werd wees. Aanvanklik bly ons op die vliegtuig en wag vir instruksies. Vier ure gaan traag verby en af en toe kry ons verdere inligting. Die digte mis is toe nie mis nie, maar 'n sandstorm oor die hele Wes-Afrika. Na vier ure word ons gevra om die vliegtuig te verlaat. Dit is versengend warm! Die diabeet tannie kry weer suurstof vir die skok.
Ek dink nie hier land gereeld groot vliegtuie in Abidjan nie. Hulle is verstom om die nagenoeg 300 van ons te sien en nog meer verstom dat hulle ons moet akkommodeer. Hulle praat Frans. En betaal in Wes-Afrika Frank. Die ruilkoers met dollar is 631,67 frank op 'n dollar. Dis 13:15 toe ons afklim. Dit vat meer as 'n uur om ons deur hulle sekuriteit te kry. Hier is wifi en kragpunte, toilette en teen 14:50 kry elkeen van ons 'n glasie koeldrank of water. Ek geniet dit om te sien hoe verskillende mense ongemak hanteer. By twee geleenthede skaam ek my vir my nasie! Ek kyk hoeveel verskillende paspoorte ek kan tel terwyl ons in die water-ry staan. Sover is hier SA, Zimbabwe, Italië, Botswana, Mexico, VSA, Ghana, Nigerië, Engeland en Duitsland. Soos altyd kla die wat die minste gewoond is die heel meeste.
Hier is 'n piepklein business lounge van Air France, maar hulle weier om enigeen van ons in te laat. Van ABSA se Dragon Pass het hulle nog nooit gehoor nie! Groot is my verbasing toe ons vliegtuigpersoneel almal saam verbykom en reguit in die besigheidslounge instap. Ek neem 'n foto wat ek graag later vir SAL se hoof sal stuur. Ongelooflik! Die bestuurder van SAL in Abidjan (ja daar is so 'n persoon) het vandag 'n rowwe dag by die werk. Sy is skaars langer as 1,2 meter en hardloop haar beentjies nog stomper. Ons hoor dat hulle wag om 'n nuwe stel crue hier te kry, want volgens Internasionale Lugvaart se reëls het ons vlieënier sy maksimum vlugtyd bereik. Ek begin verstaan hoekom mense vliegtuie kaap. Dis 'n magtelose gevoel. Die lughawe op Accra is nog toe (dis nou al 17:08) en die crue wat daar moes opklim, kan nie uitvlieg nie. Ons sit.
Om 17:38 maak hulle 'n aankondiging dat SA210 na Johannesburg môre vertrek om 20:30 pm. PM! Sy klink heel in haar noppies dat dit môre al is. Grootskaalse pandimonium breek uit. Dis veral die Ghanadese wat die kwaadste is. Hulle lyk na 'n moeilike spulletjie! Nog 'n uur later val ons weer in 'n ry. Hierdie keer vir 'n hoendertoebroodjie vir elk. Ek wonder waar hulle genoeg toiletpapier gaan kry as hierdie 300 mense hoender eet wat warm geword het. Na nog 'n ruk roep hulle ons om deur paspoortbeheer te gaan. Ons het eintlik 'n visum nodig en daarom hou hulle ons paspoorte! Iets wat baie ongemaklik op my sit. Ek wil eers met die Poliesman baklei daaroor, maar hy het die 100 voor my reeds oortuig dat dit die enigste manier is wat hulle ons in die stad toelaat. Asof ons nie kan wag om onwettig hier agter te bly nie! Nou is ek 'n vlugteling in 'n baie vreemde en ongeorganiseerde land sonder 'n paspoort! Ons kry ons bagasie en word ingedeel by hotelle. Dit wat hier in een sin staan, vat meer as 'n uur. Daarna volg ons 'n Novotel beampte na buite en laai ons goed in hulle bus-shuttle. As die vervoer enige aanduiding is van die hotel, het ons probleme. Intussen ontmoet ek baie mense. 'n Amerikaanse meisie en haar Mexikaanse boyfriend is oppad vir hul eerste vakansie in Kaapstad. Twee ouens van Toronto ook. Vir hulle is dit honeymoon. 'n Ander gesin van Midrand is hier met vier klein dogtertjies waarvan die oudste 8 jaar oud is. Hulle was by Disney Florida en sleep sakke vol sagte speelgoed-dolfyne en Mickey Mouse agter hul handbagasie aan. 'n Ander couple van Pretoria (kompleet met die geteasede hare) vra of daar ander hotelle is vir besigheidsklas. Nee meneer. Dieselfde swanger hitte, dieselfde foamalite glasie water, dieselfde warm hoender en dieselfde ure en ure se wag. Dis nou 19:06 in SA. Ek sou nou al geboard het vir Kaapstad.
En steeds wag ons. 19:15.
Hulle gebruik dieselfde Yutong busse as in Kuba. Ek staar by die venster uit en dink weer oor 'n sêding wat ek ken: Toe die Europiers horlosies gekry het, het Afrika tyd gekry. Niemand beweeg vinnig of doelgerig nie. Niemand. Oom jy kon maar my paspoort teruggegee het. Ek sou nie hier wou bly nie.
Ek vind die Afro-Amerikaanse vroue die ergste. Hulle probeer nie eens nice wees nie! 'n Uur of wat later is ons by die Novotel Hotel. Dis pragtig en moet vir SAL bankrot maak. Hier het ons weer wifi en lees ek dat Abidjan die ekonomiese hoofstad van Ivoorkus is en die digsbevolkte stad in Wes-Afrika. In 2014 was hier al 4,7 miljoen mense. Dit lê teen die kus langs die Noord Atlantiese See en is 'n baie belangrike hawestad. Ek neem 'n paar kiekies uit die bus se venster oppad na die hotel.
No comments:
Post a Comment