Friday, September 21, 2018

Totsiens Malmö, hallo Stockholm!

Ons ICLD agent, Jenny Nylund, se waarskuwing aan die groep dat as jy vanoggend laat is, bly jy alleen agter, het gewerk! 08:15 staan almal gepak, uitgeteken, geontbyt en reg om stasie toe te stap met ons bagasie om ons 09:20 trein te vat na Stockholm. Nou moet ek net eers vir Jenny ‘n pluimpie gee. Kyk, om 25 mense van vyf lande uit Afrika te sinkroniseer met Swede se stiptelikheid en begrip van tyd, moet jy hare op jou tande hê. Ek moet erken die groep raak beter soos ons aangaan, maar ek kan boeke skryf oor verskillende mense se begrip van tyd. Wow!

Soos die meeste van julle weet, is Earl Grey tee my gunsteling warm drankie. Dis my ding. Vanmiddag sit ons rustig in ‘n straatkafee en vergaap ons aan die verbygaande mense. In Swede is ‘happy hour’ ‘n groot ding. Van 17:00-19:00 elke dag het meeste eetplekke afslag op ‘n gereg van die dag en op bier. My tee was heerlik!  Ons was vandag net toeriste. Ons moes 600 km aflê tussen Malmö in die suidelike Skäne streek van Swede tot by Stockholm in die middel van die land. Stockholm is die huis van 2 miljoen van Swede se 10 miljoen mense.

Stockholm is ‘n pragtige stad. Ons gebruik 3 ure laat middag om net te loop en kyk. 





Dis waar ek nou is.


‘n Pragtige blomme mark met proteas en krismisrose. 


Waar ons vanoggend begin het in Malmö voor die Sentrale stasie.

Ek moet advertensie maak vir hierdie skoenmaker wat my bootse gratis geplak het. Hulle kon nie die cobblestone strate van ou Europese strate hanteer nie. 

Dit is erfenis langnaweek in SA en ek het baie tyd hier om presies te weet wat ek van SA mis. Waardeer dit. Koester dit. Dit is spesialer as wat ons dink...

No comments:

Post a Comment