Wednesday, September 19, 2018

Eslöv, Tesla en die Skarhults kasteel

Ons is vandag Eslöv Munisipaliteit toe so 35 km buite Malmö. Hierdie Tesla van die Suid-Afrikaanse ontwerper en biljadêr Elon Musk, is die eiendom van Eslöv se Onder Burgemeester.  En hy het dit nie gekry vir interessante toesprake maak nie. Dit kan ek julle verseker.  Maar dit was ‘n groot ‘hit’ onder ons groep en hy was onmiddellik ‘n attraksie.
Eslöv Munisipaliteit bedien 33000 mense en het 51 verkose raadslede, 15 op hul Burgemeesterskomitee en 2500 werknemers oor ‘n afstand van 424 vierkante kilometer. Net om dit in perspektief te plaas: Bergrivier Munisipaliteit bedien 70 000 mense en het 13 verkose raadslede met vier op ons Burgemeesterskomitee en 420 werknemers oor ‘n afstand van 4808 vierkante kilometer.  Nee regtig!




Ons besoek die pragtige Skarhult kasteel wat veral bekend is vir hul uitstalling en museum van die rol wat die vroue in die kasteel gespeel het sedert die tweede eeu. Dit was so goed aangebied en so interessant.  

Sikhumbuzo Ndlovu is die Interne Ouditeur van Bulawayo. Hier oefen hy sy Viking pose. Ons het sulke lekker pelle geword. Hy is ‘n dierbare mens en uiters professioneel. 



Vanoggend vroeg kry ons ‘n drie ure lange lesing deur Lars Andersson.  Hy is ‘n kenner op munisipale finansies en stigter van Kommuninvest in Swede. Ons het aan sy lippe gehang. Hy is werklik kundig en ‘n baie goeie spreker. Ek het soveel notas gemaak en planne wat ek wil gaan implementeer. Te veel!

Nog ‘n lewensvriendin uit Zambië, Christabel Mazuba. Sy is ‘n senior rekenmeester uit Lusaka stad.



Hierdie busse in Malmö loop op biogas wat hulle uit afvalbestuur genereer.



Ons het middagete geëet by ‘n organiese groenteplaas waar mense self hul groente pluk en hier laat gaar maak of huis toe vat. 


Hierdie kollega het ook gedink Eslöv se Onder Burgemeester praat bietjie langdradig.


Ek was versot op die kasteel. 


Ons groep by die voorporataal van die kasteel waar die toer begin. 

Ek en Alletta moes die dag gaan afsluit met ‘n bier om alles deur te gesels en vas te lê wat ons geleer het. Die dae begin nou net te vinnig verbysnel.

No comments:

Post a Comment