Saturday, September 15, 2018

Dubai en Copenhagen


Ons sit nou met ‘n wegneem Swarma en ‘n Carlsberg bier in die raserige voorportaal van die jeugherberg. Ons is twee staatspensioene ouer as die gemiddelde inwoner. Die musiek blaas verwoed en die klomp kuier, maar as mens wil ‘cheap’ wees, moet jy kan uithou!



Dis versengend warm toe ons op Dubai lughawe afklim. Ek was in 2008 laas hier en in hierdie laaste dekade het die Arabiere gewikkel. Jinne, mens kan jou oë nie glo nie.









Ons eerste afsaalplek is Copenhagen. Ek het vir ons bespreek by Bedwood Hostel. Ons slaap in ‘n dormatry. Bed nommer 201 en 206.  Sover is dit ons en Marco van Italië en Yaya. Ons weet nog nie vanwaar sy is nie. 


Die kamer is effens meer primitief as wat ons gehoop het, maar ons is veilig hier en alles is skoon en netjies. 



Ons eerste stop is ‘n Carlsberg bier met ‘n mooi uitsig en toe ‘n bootrit op Copenhagen se kanale met ‘n stadstoer. 


Hierdie ses persoon fiets is baie gewild hier. Almal kyk binnetoe, maar trap saam. Een persoon stuur. Lyk soos ‘n ongeluk wat plek soek om te gebeur.
Ons vlugte was heerlik. Emirets is uitstekend. Veral die tweede vlug tussen Dubai en Copenhagen was met ‘n splinternuwe 380 Airbus (dubbeldekker). Ek kon langbeen lê en slaap oor drie stoele en het die kans gebruik.


Interessant genoeg vertel hulle vir ons op die kanaalvaart dat Denemarke die eerste land in die wêreld was wat ‘n landsvlag gehad het. Hul vlag is rooi met ‘n wit kruis en vanjaar 799 jaar oud.



Hierdie sirkelbrug het my baie beindruk. Dit is in Copenhagen.

No comments:

Post a Comment