Sunday, September 16, 2018

Tivoli tuine in Copenhagen en ander interessanthede

’I will try not to move’, hoor ek myself sê.  Moenie jou probleem myne maak nie, dink ek.  Dis Marco van Italië aan die woord wat my vertel hoeveel die bed waarop ek moet slaap kraak in die nag as die gebruiker omdraai. Hy kla dat hy die vorige nag nie ‘n oog toegemaak het nie.  Ek offer hom een van my somnils. Hy is verstaanbaar skepties om pille te vat van vreemde tannies uit Afrika en ek gee gou moed op.  Maar ek vat summier self ‘n slaappil en klim half agt in die bed.  En het ek nie lekker geslaap nie!  Was 04:20 gou op om ‘n draai te loop en toe weer weg voor tot na 08:00.  Dis ‘n pragtige bloulug dag en ons is oppad Tivoli tuine toe.  Ons eet ‘n ontbyt by Bedwood Hostel en vat die pad. Vier kilometer verder en met ‘n uur om dood te slaan voordat die hekke oopmaak, sit ons nou by ‘n koffiewinkel met gratis wifi en geniet ‘n earl grey tee uit die boeke uit.

Copenhagen voel vir my soos ‘n mengsel van St Petersburg in Rusland en Brugge in België. Wat ons veral opval is hoe skoon die strate is en hoe vriendelik die mense hier is.
Hierdie is City Hall Square in Copenhagen. 

Earnest Earl Grey Tee by Espresso House terwyl ons tyd opmaak totdat Tivoli oopmaak. 


Ek sou gehou het van die viking lewe.
‘n Deense kroon is R2 en hierdie koppie earl grey kos bv 32 krone. R64! En elke slukkie die moeite werd. Gelukkig is hul toilet gratis.

Ons gaan nou in Tivoli in. Ek vertel later verder.


1 comment:

  1. There are actually a lot of particulars like that to take into consideration. That may be a nice point to convey up. I supply the thoughts above as normal inspiration however clearly there are questions like the one you bring up the place a very powerful factor might be working in trustworthy good faith. I don?t know if best practices have emerged round things like that, but I'm certain that your job is clearly identified as a fair game. Each boys and girls feel the impression of only a second’s pleasure, for the remainder of their lives. casino games

    ReplyDelete