Thursday, September 20, 2018

Hyllie se daktuine en waterpark

Die Emporium Winkelsentrum in Hyllie Malmö was vir lank die grootste winkelsentrum in Swede, maar nou is daar ‘n nuwe een gebou in Stockholm wat hierdie reuse stad van winkels onttroon.  Ons het dit vandag besoek. Maar nie vir inkopies soos julle dink nie. Nee, vir die groen daktuine en ‘n verrassende waterpark.






Hierdie klip is glad nie ‘n klip nie, maar herwinde glas waarin lug geblaas is. Dit weeg niks en word gebruik om tuine bo-op dakke te maak.



Ons was aangenaam verras met hul groen corridors op dakke in Augustenborg, Malmö. Hulle het tot die VN se prys gewen vir die groenste voorstad in die wêreld in 2010. Dit was baie interessant. 


Ek is verbaas oor hoeveel mense hier met ‘n Touran ry soos ek. Erg gewild hier. 



Die daktuin op die winkelsentrum. Tuin is die verkeerde woord. Dit is ‘n stadspark. Alles bo-op die dak van ‘n winkelsentrum. 

Ook ‘n pragtige uitsigpunt vanaf die winkeldak op die Öresund brug.



Die waterpark het ons beindruk. Alles leersame fases en gebruik van water op ‘n baie interaktiewe en aktiewe speelse manier. Vir ‘n rukkie was ons kinders. 



En vanmiddag moes ons leer van Communicative Leadership. Goeie groepsoefeninge en lang vervelige gesprekke. Ons het geleer om eerlik te kommunikeer, so ek wil nie jok nie. 

Ek en Alletta moes elkeen twee prentjies kies om ons ‘journey’  met ons change project in Porterville te beskryf. Hier is ons s’n. 

Môreoggend verlaat ons Malmö en vertrek met ‘n trein na Stockholm. Dit is 600km noordoos van hier en heelwat kouer. Malmö het my beindruk. Ek sal maklik hier kan bly. My Sweeds sal net dringend aandag moet kry. 


No comments:

Post a Comment