Die storie van Alaska wat deur al drie hierdie dorpies uitgebeeld word, is die van duisende stormlopers wat aan die einde van die 19de eeu op Alaska toegesak het opsoek na goud. Goud is ontdek in 1896 en teen 1898 was als oor. Nie net het die stormlopers elke liewe denkbare 'moose' (baie groot bok wat ook in Skagway voorgekom het) opgevreet oppad agter die goud aan nie, maar hulle het 3000 perde vermoor en baie mense het ook omgekom in hul onkunde en geldgierigheid.
Die goudsoekers het nie rekening gehou met die elemente nie. Natuurlik was niemand van hulle nog daar nie en hulle wou nie na raad van die Native Indians luister nie. Daar was net twee roetes vanaf Suid-Westelike Alaska en dit was of via Skagway of via Dyea. Beide roetes was 'bad news' en die stormtroepe moes letterlik kies tussen die duiwel of die hel. Albei was onbegaanbaar. Maar die pad vanaf Skagway was oor 'n laer sneeupas as vanaf Dyea en die meeste goudsoekers het dit probeer. Maar hulle moes steeds oor White Pass kom oor die Klondyke. Die een deel van die pas staan nou nog bekend as Dead Horse Valley omdat so baie perde daar dood is. Die stories word vertel dat van die perde self daar afgespring het om verdere marteling te voorkom. Die hartseerste was dat toe die menigtes by die goudvelde aankom, was al die kleims reeds afgesteek en het hulle al die ontberings oorleef net om om te draai of vir iemand anders te werk teen minimum loon. Praat van 'n teleurstelling!!
Die skoonheid van Alaska sal my altyd bybly. Elke oomblik op die boot was soos 'n National Geographic film wat voor jou oe afspeel. Ek het honderde fotos geneem en wens ek kon elke liewe een hier op die blog sit. Maar julle sal nou eers geduldig moet wees.
Vanaand slaap ons in Moses Lake oppad Montana toe. Ons is 180 myl oos van Seattle. Ons was nog besig om ons weer te vergaap oor die duisende grasgroen bome rondom Seattle toe gaan ons deur 'n pas in die Cascade berge en ry die klein karoo binne, met geen bome of gras nie. Net die reuse Columbia Rivier vloei hierdeur en maak dit baie goeie landbou grond. Vir 14 myl (aan die familie: nie Pa se 14 nie - regtig 14 myl) is daar orals langs die pad bordjies wat aandui watse produk op die lande staan. Daar is baie aartappels, alfalfa, ertjies, koring, hawer en kersies in hierdie wereld.
Ek het die volgende op die boot geskryf. Ek sit fotos by sodat julle kan sien wat ek die afgelope week beleef het. Fantasties!!
5 Junie 2012
17:00
Ons is nou al meer as 48 uur op die
plesierboot ‘Star Princess’ oppad met die Inner Passage van Alaska en ek het
nog niks blog geskryf nie. Ek wou baie graag wifi op die boot kon gebruik,
sodat julle kan saam toer, maar twee goed weerhou my daarvan...
By die internet desk op dek 6 verneem ek
dat dit 79 US sent kos vir 1 minuut op wifi en die ou is eerlik genoeg om te
erken dat die sateliet wifi baie stadig is. Met die rand wat al geval het na
R8,58 teen die dollar is dit al R6,77 per minuut. Ek gebruik omtrent 45 minute
per dag om die blog op te dateer en as ek fotos wil oplaai – wat hier ‘n
absolute moet is!- dan het ek minstens ‘n uur nodig. Dit beteken R406,20 per
dag. Nou wil ek julle nie in die gesig vat nie, maar ek is tans werkloos en dit
is ver buite my 'budget'. Nie dat dit moeilik is op hierdie boot om soveel per
dag te spandeer nie!
Die tweede rede het niks met geld te doen
nie. Dis nou letterlik na 48 uur die eerste 10 minute wat ek op my bas sit en
niks doen. Hier is net so baie om te sien. En soos ek hier sit en tik, is my Pa
bo-op die dek besig om 'humpback' walvisse te besigtig en het hy reeds aan my
deur kom klop net om my te laat verstaan ek mis alles. Gelukkig het die boot ‘n 'webcam' voorop met lewendige kommentaar op kanaal 47 sodat die wat in hul kamers
le en rus ook iets kan sien van wat buite aangaan! Ons toer teen ‘n spoed. Maar
soos ek nou hier sit, is ek op volspoed vir die oomblik.
Een van die wonderlike goed van 5 Junie 2012 is die Transit of Venus. Die suidelike halfrond kan niks daarvan sien nie, maar hier waar ons is, kan ons van 14:00 - 21:00 dit sien. As daar nie wolke is nie. My Pa het baie navorsing gedoen voor die tyd en die regte toerusting gekry sodat ons dit sal kan sien. En toe is daar baie wolke vandag. Met uiterse selfdissipline en geduld het my Pa die hele middag op die dek gesit en wag dat die son deur die wolke moet beur. Hy is beloen met 'n wonderlike foto wat hy deur die sonkykbrilletjie kon neem. Hierdie verskynsel gaan niemand van ons wat nou op aarde is, ooit weer in ons lewens sien nie.
Die swart kolletjie voor die son is die planeet Venus wat tussen die son en die aarde verbybeweeg het op 5 Junie 2012.
Foto geneem deur Hans Linde - ge'crop'
Die boot is massief! Daar is alles waaraan
jy kan dink en dis meer soos ‘n klein stadjie as ‘n boot. Hier is 17
verdiepings. Ons is 2800 passasiers aan boord en 1200 personeellede. Meer as tien van
hulle is van SA. Ons ontmoet vir Jacomine en Conrad, Justin, Thys, Lauren, Judy, Carla en
Douw Steyl van Winburg. Dan is daar nog 'n hele paar wat ons nog nie raakgeloop het nie. Douw het die mooiste brei in sy stem en mens kan nie mis dat hy van SA is nie.
Op die boot is
verskeie restaurante, waarvan ons by 7 mag eet. Drie van hulle is op die dek en
vier onderdak. Daar is kunsgalerye, ‘n biblioteek, winkels, ‘n teater, ‘n big
screen op die dek, ‘n disko, buite en binne swembaddens, jacuzzi’s, ‘n casino, verskillende
lounges, ‘n musiekkamer, ‘n gym, ‘n haarsalon, ‘n spa, 7 bar’s, ‘n sport court
en golf simulator, ‘n wynwinkel, ‘n mediese sentrum, internet kafee,
jeugsentrum, en ‘n ‘wedding chapel’! Ons ontdek elke dag nog ‘n gang waarin ons
nog glad nie was nie.
Genugtig! As iemand vir my gese het
‘cruise’ is soveel pret, het ek lankal ‘n plan gemaak. Ons was vandag vasgemeer
by Ketchican en kon van die boot afklim van 06:30 vanoggend tot 15:30
vanmiddag. Dit was heerlik! ‘n Pragtige klein dorpie met baie om te sien. Ons
soek dadelik ‘n bus na die Totum Bight State Park so 10 myl noord van Ketchican
waar hul die spesiale kunsvorm wat die ‘natives’ hier gebruik ten toon stel.
Dit is teen die see en ons kry ook mooi fotos met oop berge. Ketchican is die
reendorp van die wereld. Hier meet hulle hoeveelheid reen in voet en nie in
millimeters nie. Dit reen meer as 250 dae per jaar. Die voorspelling was dat
dit vandag sou reen, maar deur groot genade van Bo is dit ‘n baie lekker dag.
Ons besoek ook die Potlatch net langs die state park en vat toe die bus terug
dorp toe. Ons klim af by Creek Street en bekyk alles van hoek tot kant. Daar is
eindelose salmon winkels, want Ketchican is selfs nog meer bekend vir hul salmon
as vir hul reen. Op die boot het ons elkeen ‘n coupon boek gekry en ons is
amper soos mense in ‘n skattejag. Ons jaag die een 'bargain' na die ander. Hulle ken nie vir ons nie, maar hulle ken ons tipe! By die
Diamond International winkel kry ons ‘n gratis bracelet en toe ons iets koop by
die Tongoss klerewinkel, kry ons ‘n paar varswater oorbelle gratis! Ek het dit
selfs in my tande getoets en dit is regte perels. Die dorp het ontstaan tydens
die stormloop na goud en was later bekend vir sy hout. Tans is toerisme een van die
groot geld-inbringers en die dorpenaars weet hoe om toeriste te bederf. Almal
behalwe die vrou in die plaaslike biblioteek wat wyer dat Hannalie ‘n tweede 15
minute gratis internet toegang gebruik al is daar niemand anders wat dit wil
gebruik nie.
Toe ons ons voete aan wal sit by Ketchican is dit 'n baie groot oomblik vir my Pa en Ma. Hierdie toer is 'n bucket list event vir hulle. Hulle het net Alaska gekort om nou in al 50 VSA state te gewees het. Wat 'n prestasie vir nie-Amerikaners. My Pa is 50% Amerikaans en hy en my ma het in 1986 vir die eerste keer Amerika toe gegaan en nooit opgehou nie.
Ek en Hannalie oorhandig aan hulle 'n sertifikaat namens al 750 miljoen Amerikaners. Ek het al in Januarie 2012 die idee vir die sertifikaat uitgedink en dadelik vir die Withuis 'n brief geskryf en die hele storie vertel. Toe ek in Maart nog nie te veel van hulle gehoor het nie, het ek en my sussie, Corne ons eie sertifikaat ontwerp. Dit is onderteken deur Barak Obama homself. Moenie te veel vrae vra nie!
Ons eerste voet aan wal in Alaska op Ketchican - 6 Junie 2012
Ek en Hannalie by 'n massiewe swart beer voor een van die winkeltjies.
Die natives hier is baie klein en die ingang na hul gesamentlike winterhuis is so klein om die koue uit te hou.
Creek Street se oorspronklike huisies. Die een in groen is Molly se plek en dit was 'n bordeel in die goudstormloop.
Die mooiste plek op ons toer bereik ons vroeg die volgende oggend voordat ons by Juneau uitkom. Dis ‘n baie smal ‘vinger’ waarin die boot opvaar. Dit word Tracy’s Arm genoem. Ek weet nie wie Tracy was nie, maar sy het ‘n baie mooi arm! Ons vaar tot so naby as moontlik aan die Sawyer gletser en neem talle fotos. Dis vrek koud op die dek, maar dis die moeite werd. Die ys is nog te dik om nader te vaar. Die boot is 750 miljoen dollar werd en die kaptein vat nie kanse nie.
Op Juneau (6 Junie 2012) het ons baie goeie
weer en ons gaan op met die kabelkarretjie na Mount Roberts. Van daar af kan
mens pragtige fotos neem van die ysvelde en dorpie. Juneau is die hoofstad van
Alaska en die enigste staatshoofstad in Amerika wat nie met ‘n motor bereikbaar
is nie. As jy in Juneau wil wees, kom jy met ‘n vliegtuig of ‘n boot. Met ander
woorde als wat ons in die dorp sien is met ‘n boot of vliegtuig hier
aangebring. Ongelooflik! Na die berg vat ons ‘n bus na die Mendenhall Glacier.
Dis die blue galcier express bus en potblou. Die glacier is pragtig en daar is
ook ‘n massiewe waterval. Hierdie glacier is meer as 12 myl lank en strek van
die Juneau ysvelde tot by die Mendenhall Meer. Die glacier is ‘n halwe myl
breed en 100 voet hoog (bo die water). Op die diepste is die glacier tot 2000
voet diep. In die Juneau ysvelde is 38 groot en meer as ‘n 100 kleiner
glaciers. Sedert die midde 1700’s is hierdie glacier al besig om te krimp.
Ek sit nog fotos op later. Die wifi hier is te stadig nou.
Ek sit nog fotos op later. Die wifi hier is te stadig nou.
Ek wou so baie graag ‘n bald eagle sien in
Seattle en in die Olimpiese berge. Ons het orals gesoek. Sedert ons in Alaska
aangekom het, het ons 5 minute nadat ons in Ketchican afgeklim het ons eerste
een gesien en sedertdien is hulle amper so volop soos rooibokke in die
wildtuin. Mens kan hulle amper alweer-arende noem soos ons die rooibokke
‘alweer-bokke’ noem.
Die mooiste dorp waar ons afklim op 7 Junie
2012 is Skagway. Ons is bespreek om die Klondyke Summit te gaan kyk met ‘n bus.
Die bus vat jou 3200 voet die pas op.
‘n Groot gebeurtenis waarvan ek niks geweet
het voordat ons in Noord-Wes Amerika aangekom het nie, is die groot goud
stormloop wat hier plaasgevind het in die laat 19de eeu. Sedert daar goud
ontdek is in 1896 in Dawson noord van Skagway, het duisende amerikaners en
mense van ander lande gestroom na die goudvelde om kits rykdom te soek. In
Skagway, Juneau en Ketchican word die storie vertel deur museums, vertellings,
restoreerde huise en salonne en vele meer. Dis ongelooflik om te sien hoeveel
mense bereid was om te ontbeer vir die hoop op rykdom. Hier is ‘n pas in
Skagway wat die Deadhorse pass genoem word omdat 3000 perde gesterf het van
uithongering, oorlading, uitputting en gly op ys. Die enigste twee min of meer
begaanbare paaie oor die sneeu was van Skagway of Dyea. Die ene van Skagway was
35 myl langer, maar die pas was nie so hoog nie. Van hier is hulle oor die
White Pass. Elke goudsoeker moes 2000 pond se voorraad saam met hom vat om
Kanada te kon binnegaan en dit is teen die White Pass opgedra. Die meeste mense
moes tussen 40 en 50 keer die roete doen. Daar was geen paaie nie en hulle het
met ontoereikende klere en patetiese skoene die roete aangepak! En dit vir
niks, want toe die meeste mense daar kom, was al die kleims klaar afgesteek en
is die meeste mense lee hande huis toe.
9 Junie 2012
Dis 18:23. Ons is ‘all dressed up with no
where to go’! Letterlik. Ons was net besig om ons laaste lipstiffie aan te sit,
toe die Kaptein se stem in ons staterooms weerklink. Jammer, se hy dat hy ons
steur, maar die wind is te sterk en ons sal nie vanaand hierdie reuse boot in
Victoria Hawe kan inkry nie. En as die wind gaan le en hy probeer inkom, is die
moontlikheid daar dat hy dit nie weer sal kan uitkry nie. Ons boot is meer as
320 meter lank. Daar het spesiaal ‘n tweede kaptein op die boot geklim toe ons
die hawegebied binnekom, wat die plaaslike omstandighede baie goed ken en hulle
twee het saam die besluit geneem. Natuurlik bevestig hy, is veiligheid altyd
die oorwegende rede vir sy besluite! Gelukkig was ons vier al almal in 2004 in
Victoria, maar daar is hope mense wat nog nooit daar was nie. Nou vergryp ons
ons aan die Patter om iets anders te vind om te doen vanaand. Daar is beperkte
opsies, want almal sou van die boot af wees. Ons het nou ongelukkig klaar
geeet, maar miskien sal ons maar weer ietsie moet afwurg :-).
No comments:
Post a Comment