Wednesday, May 2, 2012

Terug op die lug!!!

So bevark mens n beherende regering wie se naam ek nou nie hier kan noem nie! Ons Italiaanse gids wat al n rukkie in die land sonder naam bly, het al n paar trieks geleer en my vanmiddag gewys! Jippie!! Ek verlang sommer na ons regering. Ons is terug in ons gastehuiskamer in Pingan na n wonderlike stapdag. Ons begin more fietsry. Vanoggend 09:00 is ons hier weg en het meer as 15km gestap na 3 klein villages toe waar minderheidsgroepe bly. Ek vermy nou doelbewus name want die kortpad wat ek nou gebruik om hier te tik word deur die menere in beheer gemonitor. Dit voel of ek terug is in uniform. Dit gaan goed met my en Lean. Ons toer heerlik. Ons gidse is baie goed en die wereld hier is besonder mooi. Dele vandag het soos die knysna bos gelyk en ander dele soos die switserse alpe. Ons is versigtig vir die kos. Lean se maag was gister nie lekker nie. Ons drink maar bier vir energie en vat in die aand iets sterkers om die kieme dood te maak. Hulle het Jack Daniels met coke op die spyskaart. Hier maak die mense die mooiste goed en bied dit baie goedkoop aan, maar ons moet als wat ons by ons het met fietse vervoer so ons koop niks. Net n voetmassage. Ek het my rekenaar saam met al ons bagasie in Guilin gelos, want ek wil dit nie op die fiets vat nie. Nou tik ek op my selfoon en kan nie fotos aanheg nie. So baie dankie vir elkeen van julle wat die blog so geniet en erg ontsteld was oor die onderbreking. Ek het dit selfs meer gemis as julle! Die wereld hier is erg bergagtig. Toe ons gisteroggend vyfuur in die donker hier aangekom het, kon ons nie mooi sien hoe dit lyk nie en ons was baie moeg na drie ure se vlieg uit die hoofstad van hierdie land. Vanmiddag toe ons terugkom sien ons die pad in die lig. Mens klim 798 trappe van waar die taxi jou aflaai tot by ons kamerdeur. Ons het vandag minstens 20 keer dit gedoen op die roete. Fietsry gaan heerlik wees. Nou se ek eers baai. Dis so heerlik om met julle te kan kommunikeer! Dankie vir elkeen wat laat weet het dat julle ook nou Earl Grey tee drink. Twinings behoort vir my kommissie te betaal. Ek sal nou al my voortande gee vir n koppietjie. Hier is black tea n rariteit en drink hulle slegte groen tee. Ek hou getrou dagboek en sal dit opsit sodra ek in die buurland na die ooste kom (waar die tsunami was). Mis julle!! Groete. Wees goed vir jouself en vir mekaar!!

No comments:

Post a Comment